Kaapstad-fietstoer: Prysgeld geskenk

Talle fietsryers is teleurgesteld oor die nuus (Foto: Twitter/@duplooypierre)

Talle fietsryers is teleurgesteld oor die nuus (Foto: Twitter/@duplooypierre)

Die organiseerders van die Kaapstad-fietstoer het besonderhede oor die volgende fietstoer in 2018 bekend gemaak.

“Ons is diep teleurgesteld oor die gebeure van die afgelope naweek. Dit is ʼn ongelooflik moeilike tyd vir die fietsryers, asook vir die borge, aandeelhouers en natuurlik die organiseerders self.

“Die besluit om die wedren te staak nadat vier groepe al weggespring het, is vir seker nie ligtelik geneem nie. Dit is ook nie sonder die nodige protokol gedoen nie en die besluit is primêr geneem met die veiligheid van die fietsryers in gedagte,” het die organiseerders verduidelik.

Volgens die organiseerders het hulle met hul span, die stad Kaapstad se rampbestuur, padowerhede, die metropolisie, die Suid-Afrikaanse polisiediens, Mediclinic, noodbeamptes en mediese nooddienste beraadslaag voor hulle dié groot besluit geneem het.

“Die finale besluit om die wedren te staak is om 06:38 geneem,” het die organiseerders gesê.

“Ons vertrou dat julle ons besluit verstaan en weet dat ons eers elke moontlike alternatief oorweeg het. Ons is nederig dankbaar vir die ondersteuning wat ons die afgelope 24 uur ontvang het,” het hulle verduidelik.

“Ons gaan vir al die deelnemers wat by die Kaapstad-fietstoer-ekspo (9-11 Maart) geregistreer het, voorkeur gee vir 2018 se Kaapstad-fietstoer voor ons die inskrywings open vir die publiek.”

Die 40ste Kaapstad-fietstoer sal op 11 Maart 2018 gehou word. Dus sal geen medaljes vir 2017 se toer uitgedeel word nie.

“Die Kaapstad-fietstoer se trust sal die prysgeld van 2017 (sowat R220 000) skenk vir bystand aan dié wat geraak is deur die brande in Houtbaai. Ons gaan ook waterbottels skenk aan DARG (Domestic Animal Rescue Group) wat diere red en vir hulle sorg wat ook geraak word deur die brande,” het die organiseerders gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

charmaine ·

Dit was vir baie n groot teleurstelling maar die natuur se elemente was nie in julle hande nie, en eeder dit stop voordat te veel mense seer kon kry of dalk kon sterf, na aanleiding van die videos wat ons gesien het was dit n wyse besluit.

En om die skenkings te doen is ook n groot WOW, dit is n wonderlike gebaar van julle. Ek is maar net n toeskouer maar ek dink julle het alles baie professioneel hanteer.

petrus ·

Met al die moderne weer inligting tot julle beskiking is dit vir my onduidelik hoekom plan B nie oorweeg woprd nie.Dit is mos nou nie ‘n Formula One wedren waar karre net op spesifieke baan kan ry. Daar is miljoene rande betrokke. Begin om alternatiewe roete as plan B te beplan.
Met sms info ensv kan alternatiewe roete gebruik word op kort kennisgewing.Nie die ware Jakob maar iets is darem beter as niks. Kaapstad is bekend vir sy stormsterk wind Veel minder wind in die Noordelike gebiede.

Peter ·

Beplan alternatiewe roete as plan B. Weer inligting is beskikbaar. Sms deelnemers op kort kennisgewing indien nodig.Kaapstad bekend vir stormsterk wind. Veel minder wind in Noordelike gebiede. Duisende mense en miljoene rande is betrokke. Alternatiewe roete nie ware Jakob maar iets is beter as niks.

Hannelie ·

Peter daar was alternatiewe roete, glo my. Deelnemers is sms’e gestuur op kort kennisgewing. Hulle het alles moontlik in hul vermoë gedoen en gehou by die reëls. Weereens ons kan niemand teen die natuur gaan. Hierdie was ‘n wyse besluit, as mens in ag neem hoeveel beserings daar sou gewees het, indien hul met die toer voortgegaan het net om mense te plesier. Well done Cape Town Cycle Tour. Jul besluit is grondig. Onthou altyd VEILIGHEID kom eerste en dit is waarna die organiseerders gekyk het.

Beste besluit ·

Alhoewel dit vir ons almal ‘n groot klomp geld gekos het om soontoe te reis en alles wat gepaard gaan met die trip, dink ek is dit tog gerustellend om te weet – veiligheid 1ste. Mediese koste of dalk die dood sou vir baie mense baie meer gewees het. Voorkeur is ‘n goeie idee om op te maak, ek glo menige sal die wiele wil laat sing vir die 40ste een.

Johan. H. ·

Stem jy kan nie raas teen donderweer nie,, Maar n mens moet altyd n plan B he, Hoekom skenk julle nie al die prysgeld vir n slag aan die SPCA nie, Dink die diere sou dit meer wardeer!!!

Renier van Vuuren ·

Snaaks dat almal altyd veel te se het oor n onderwerp terwyl die wat werklik betrokke was, heeltemal uitgelaat word. Dink bv aan die duisende Rande wat n Fietsryer gespandeer het, die ure dae en Maande wat hul geoefen het vir hierdie Deelname, dan hul ” comfort zone” verlaat om te reis en oornag op n Vreemde plek, om dan oplaas nie uit nie, maar Afgestel word. Ek kan my net indink. Watter besluite geneem word, behoort gedoen te word Met konsultasie van en tervoordeel Van die Fietsryers van SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.