Kaapstad-groep wil wéér Denel-grond beset

Die polisie het die besetters se onwettige strukture op Denel se grond in Khayelitsha afgebreek Foto: Thomas Holder, EWN

Die polisie het die besetters se onwettige strukture op Denel se grond in Khayelitsha afgebreek Foto: Thomas Holder, EWN

ʼn Groep mense wat strukture op Denel se grond in Khayelitsha in Kaapstad opgerig het voordat hulle uitgesit is, beplan om terug te keer.

Xolani Jack, leier van ʼn komitee wat beskuldig word van grondbesetting, het Woensdag aan News24 gesê ongeveer 200 mense se strukture is in die begin van die maand afgebreek. “Nou het die mense nie ʼn plek om te bly nie,” het Jack gesê. “Hulle gaan terugkeer na daardie stuk grond toe en daar bly. Ons gaan vandag besluit wanneer.”

Jack, wat aanvoer dat hy ʼn lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is, het gesê dié politieke party ondersteun grondonteiening sonder vergoeding. Hy het gesê hulle het Woensdag ʼn brief aan die Lingalethu-polisie oorhandig met ʼn waarskuwing dat polisiebeamptes nie diegene wat die grond soek, moet teister of moet skiet nie.

Die grond is langs die Nolungile-treinstasie geleë en is tans leeg.

ʼn Prokureur wat die besetters verteenwoordig, het die afgelope naweek ʼn teenaansoek gebring om na die grond terug te keer. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag beslis dat die grondbesettingsaak in Junie aangehoor moet word.

Intussen het die hof ʼn interimbevel, wat mense verhoed om die wapenvervaardiger se grond te betree, verleng.

Vuyelwa Qinga, woordvoerder van Denel, het aan News24 gesê die hof het nog nie bepaal dat die groep toestemming het om na die privaat grond terug te keer nie. Sy het gesê sekuriteit is opgeskerp by die perseel en die grensheining is herstel.

Bron: Jenna Etheridge, News24

Lees alle vorige berigte oor Khayelitsha op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kelly ·

Waar kom hulle vandaan? het seker voorheen blyplek gehad! Gaan terug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.