Kaapstad gryp in met vullisverwydering

Argieffoto (Foto: Stad Kaapstad)

Argieffoto (Foto: Stad Kaapstad)

Die Stad Kaapstad het bevestig hy sal van Vrydag tydelik vullisverwydering doen in dele waar nuwe vullisverwyderingkontrakte nog nie in plek is nie.

“Die Stad Kaapstad sal vullisverwydering hanteer in dele van Helderberg, die noordelike voorstede, verre suide en Houtbaai. Dié gebiede word gewoonlik deur kontrakteurs gediens wat deur die stad aangestel is. Dit geld nat afval (‘wheelie bins’) en voorstede wat deel is van die Think Twice-herwinningsprogram,” het Tseko Magubane, woordvoerder, gesê.

Die stad se departement van soliedeafvalbestuur kontrakteer vullisverwydering uit in sekere gebiede. Die tenders, wat al drie jaar lank in plek was, het Donderdag tot ʼn einde gekom. “Ondanks gedetailleerde beplanning deur die Stad Kaapstad dat die oorskakeling vlot sal verloop, het onvoorsiene omstandighede daartoe gelei dat nuwe kontrakte in vier van die gebiede vertraag word.”

Kontrakte is suksesvol toegeken in twee gebied en die diensverskaffers het Vrydag reeds in Khayelitsha, suid van Spineweg en Brown’s Farm in Philippi begin.

“Die departement het die afgelope week hard gewerk om seker te maak ʼn gebeurlikheidsplan tree in werking om seker te maak klante ontvang gehaltediens direk van die stad vanaf 1 Julie,” het Magubane bygevoeg.

Die Stad Kaapstad versoek inwoners om geduldig te wees en begrip te toon, aangesien daar moontlik ʼn tydsverskil kan wees wanneer die vullisverwydering plaasvind. Dit sal egter steeds op dieselfde dae plaasvind as wat die inwoners gewoond is.

Die Stad Kaapstad sal inwoners op hoogte hou met enige verwikkelinge.

Die volgende voorstede word hierdeur geraak:

Houtbaai: Houtbaai, Llandudno, Bakoven, Kampsbaai, Clifton en Fresnaye
Verre suide: Muizenberg, St James, Kalkbaai, Vishoek, Glencairn, Simonstad, Sun Valley, Noordhoek, Kommetjie, Scarborough, Ocean View en Masiphumelele
Helderberg: Somerset-Wes, Strand, Macassar, Sir Lowry’s Pass, Gordonsbaai, Kogelbaai en Lwandle
Parklands, Sunningdale, Blouberg, Melkbosstrand, Atlantis, Mamre, Pella en Duynefontein word ook hierdeur geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

Ek klassifiseer die ANC en DA dieselfde maar moet se die weskaap doen duidelik beter as die res van Suid-Afrika waar die ANC in beheer is.
NB (Ek stem VF+)

Maria van Dieweeck ·

Sjoe, n plan b? Me Nair van Pikitup in Jhb , spring gou op n vliegtuig, (besigheidsklas natuurlik) en gaan leer iets toe! My hart verlang na die Boland..

Lance ·

Sien die DA het n plan en DOEN eintlik iets …kyk nie net soos in jhb waar die staking meet as n maand aangehou het en alles begin vrot het ….CT maw DA het ander planne in plek wat werk….dalk kan JHB (ANC) iets leer ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.