Kaapstad-gyseldrama: Verdagtes vlug van toneel

Foto: ANA

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig hulle is op soek na twee gewapende verdagtes wat Woensdag op ʼn winkel in die Kaapstadse sakesentrum toegeslaan het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groot deel van die sakesentrum is afgesper en talle polisiebeamptes en nooddienswerkers was op die toneel te midde van berigte dat ʼn gyselaarsdrama hom by die Cash Crusaders-winkel in Strandstraat afspeel.

ʼn Polisietaakspan is na die toneel ontplooi en het die Cash Crusaders binnegegaan, maar het later weer die toneel verlaat nadat dit aan die lig gekom het dat die rowers reeds op die vlug geslaan het.

Foto: ANA

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens die polisie se voorlopige inligting het twee verdagtes die winkel binnegegaan en werknemers met ʼn vuurwapen en ʼn mes aangehou. “Hulle het die werknemers na die agterkant van die winkel gedwing. Die verdagtes het ʼn selfoon geroof voordat hulle van die toneel gevlug het. Geen beserings is aangemeld nie en die polisie se ondersoek duur voort,” het sy gesê.

Misdaadtoneelkenners het later by die toneel opgedaag en polisiebeamptes op die toneel het aan omstanders bevestig dat niemand in hegtenis geneem is nie. Brandbestryders het ook die winkel binnegegaan terwyl rook binne die winkel gesien kon word, maar dit is onduidelik wat die rook veroorsaak het.

Polisiebeamptes het Strandstraat vroeër vanaf Loopstraat tot Langstraat afgesper wat verkeersopeenhopings in die gebied veroorsaak het. Talle mense het die gebeure van agter die polisielint dopgehou, terwyl verskeie brandbestryders en ander nooddiensbeamptes ook op die toneel was.

Rwexana het gesê ʼn saak van sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Annie ·

Stem saam met jou Daleen – na alles wat polisie gedoen het en wat nog en hulle kom weg en dan het hulle slegs selfoon gesteel – iets klink nie lekker hier nie.

Christo ·

Daar gaan binnekort meer hiervan wees, hierdie was net n proef lopie. Brande wat orals net ontstaan, 2 gyselaar dramas… Lyk of iemand probeer om aandag af te trek van iets groters wat aan die gang is.

Dankbaar ·

Dan is dit tyd dat mense begin bid TEEN dit wat beplan word – ons stryd IS NIE teen mense nie, maar teen die vyand wat wil hê ons moet dink dis mense… Dankie, Here Jesus Christus, U het REEDS die vyand aan die kruis ontwapen, daarom kom ons as kinders van God, en in opdrag aan ons, stel ons ELKE plan van satan KRAGTELOOS en verklaar dit nietig om verder verwoesting, verwarring en chaos te veroorsaak in die Naam van Jesus Christus. Amen!

Jeannette ·

@Christo ….. Dalk die Guptas??? SA is mos nou Guptania – ek hoor dan glad nou oor die nuus dat STAATSGELD is gebruik om sekere prominente politieke persona dop te hou namens die Guptas ….. Hierdie drie geel mannetjies is hopeloos te invloedryk en iemand moet asb. ‘n plan met hulle maak.

Daleen ·

Laat my dink aand die gifappeltjies.. Kerrie en Borrie.. o en natuurlik die nare geel heks.. al verskil is die heks het n jet nie n besem nie

Erika ·

Ek glo dit nie. Lagwekkend . Soveel tyd … mannekrag en geld wat vermors is …. en nie eers te praat van die ongerief aan motoriste en voetgangers met paaie wat gesluit is nie. ….EN DAAR LOOP DIE SKULDIGES DIE PAD AF……NEE ….AGGE … NEE!!!!

Andre ·

Daleen jy spaar my baie moeite dit is presies wat ek ook dink,hoe verdwyn hulle nadat strate geblok in,dit klink soos n Hollywood fliek

Genieve ·

Glo julle nou dit…niemand het hegtenis geneem nie jakkels en wolf speletjies heeldag verniet gewag.

Daleen ·

Zuma vanmiddag: “two deputy presidents the remedy for factionalism”. Ek wed enigeen, keer vir Zuma nou voor en vra hom opslag wat beteken factionalism?! Sy antwoord sal wees : “hehehe such a funny dictionary of ours, who wrote that dictionary, hehehe”
Maak my so woedend ek kan op n krans gaan staan en gil.

WONDER ·

HAHAHAHA, Daleen, nou skoon lag gekry oor die verskillende opsies en toe wonder ek oor ‘n 3de een, ” Of dalk was dit die polisie self)

koos ·

die polisie was seker “op lunch” toe die diewe weggekom het. Ek het in die nuwe SA se staatsdiens gewerk. Ek weet hoe dit gaan. Oor teetyd en lunchtyd kry mens NIKS uitgerig nie. Dis die groot rede waarom ek daar weg is: ek was moeg van al die luiheid en gebrek aan samewerking van kollegas wat hamer op alles waarop hulle “entitled” is.

Pop ·

En dit het die kapenaars nou van die invoer hierheen van mense van ander provinsies. Hulle word hierheen gebring om te werk en dan het ons ewe skielik n krisis by houtbaai en gewapende rowe. En brande ens, ens. Hoe aan om hulle van KZN en Jo-burg in te bring en sien wat bly van die mooie kaap oor.

Cherokee ·

Hi Pop, julle voer KZN’lers in as upgrade vir die Kaap.

CHRISTA ·

Tot die skurke in die Weskaap is meer beskaafd as die res van ons land s’n! Steel net ‘n selfoon!! In die res van ons land word als en almal gekaap – tot vragmotors vol sigarette!!!

Stone ·

Brandbestryders het binnegegaan………? Sonder polisie beskerming? En toe kom die skelms uit aangetrek as Brandbestryders en loop voor die misdaaddeskundiges uit.

o ·

Ek is totaal en al sprakeloos. Ons is seker die grootste bespotting in die heelal!

Ashlee ·

Nee, julle is nie. Rede. 93% van die heelal het nie n benul waar Suid-Afrika eens op n landkaart is nie, bygese, wat daar aangang. Julle is op jul eie mense, Mandela is lankal nie meer met ons nie.

Wonder ·

As die polisie se ‘spesiale’ taakspan (wat veronderstel is om hoogs opgeleide polisie beamptes te wees wat sulke situasies kan hanteer) nie eens ‘n paar rowers kon vasvat nie, wat gaan gebeur as die ‘paw-paw’ nou rerig die ‘fan strike’ ? Ek dink die ander lande lag hulle slap vir ons polisie ‘taakspan’ …en dan praat ons nie eens van die weermag nie (dis nou as jy dit ‘n weermag kan noem…miskien ‘n probeer-mag). Ons is op ons eie mense…Hier kom groot …ehm …kom ons sê maar moeilikheid!

m ·

Die winkels sal eenvoudig moet sekuriteit opskerp. Hierdie tipe ding gaan maar net meer en meer gebeur.

Hmmm ·

Ek ruik ‘n rot…of is dit iets anders? Werklik – ek kan dit nie pluis nie…

jos ·

Wat verwag jy van die SAPD? Die ELITE van die SAPD, die valke se hoofkantoor in Silverton word ook leeg gesteel van hul rekenaars onder hul neuse. Dis ook hoekom Sanef ‘n interdik teen BLF moet kry want hulle kan nie op die SAPD vertrou nie. Dis nou een stelling wat BLF ook reg het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.