Kaapstad het laagste werkloosheidskoers

Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Kaapstad het 89 000 poste in die laaste kwartaal van 2017 geskep en dit maak van Kaapstad een van die metro’s wat die beste in Suid-Afrika gevaar het.

Patricia de Lille, Kaapstadse burgemeester, het Dinsdag gesê sy is trots om die bemoedigende ekonomiese uitslae aan te kondig waar 89 000 meer inwoners van Kaapstad in diens geneem is tydens die vierde kwartaal van 2017, teenoor dieselfde periode in 2016. “Kaapstad het boonop die laagste werkloosheidskoers van al die metro’s in Suid-Afrika.”

De Lille het in ʼn verklaring gesê Kaapstad se toenemende indiensnemingskoers is ʼn getuienis van die Stad Kaapstad se pogings om ʼn omgewing te bevorder waarin ondernemings kan belê en nuwe poste kan skep.

“Die mees onlangse opname wys dat Kaapstad se werkloosheidskoers (23,5%) baie laer is as die nasionale werkloosheidskoers van 36.3%. Kaapstad se werkskeppingspogings bly positiewe resultate oplewer en ons koers is laer as al die ander groot stede soos eThekwini (21,9%), Tshwane (26.9%), Johannesburg (28.2%), Ekurhuleni (33.6%) en Nelson Mandelabaai (36.9%).”

Sy het bygevoeg Statistieke Suid-Afrika se getalle wys dat die getal werklose mense in Kaapstad ook op ʼn kwartaallikse basis met 30 235 gedaal het.

“Tans is 1 285 791 inwoners in diens in die formele sektor, terwyl 170 089 in die informele sektor in diens is. Dit is die sesde agtereenvolgende kwartaal waar die werkskeppingskoers toegeneem het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos ·

Net jammer ras en regstellende aksie en BEE speel steeds ‘n rol. Ek het wel werk in Kaapstad, maar weens my verkeerde ras moes ek lieg op my CV oor my ondervinding en moes ek al my naskoolse kwalifikasies vanaf my CV verwyder. Ek het wel werk en dit hou my aan die lewe, maar ek geniet dit nie en dis nie naastenby in lyn met my kwalifikasies nie.

Sarel swartbrand ·

Die stad word goed bestuur oor n paar jaar sal PTA en JHB ook kan spog met hierdie prestasies na die anargie wat die anc hulle gelos het.

Etienne ·

Nog meer merkwaardig as daar in ag geneem word dat daar ‘n paar miljoen vanaf ander provinsies verskuif het om die stem presentatie te beïnvloed om die ANC aan bewind te kry,welke stap nie gewerk het nie.

Henk ·

Kaapstad se koers 23.5% en eThekwini 21.9 %. Hoe kan dit laer wees ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Henk

Dankie vir jou navraag, ons vra om verskoning vir die verwarring.
Kaapstad se “strict unemployment rate” is 21,7% en die 23,5% verwys na die “expanded unemployment rate”.

Ek hoop dit klaar die kwessie op.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.