Kaapstad het reeds ʼn De Klerk-straat

Op die foto van Google Maps word die straatnaam onder op die pad aangedui en nie met 'n bordjie nie.

Op die foto van Google Maps word die straatnaam onder op die pad aangedui en nie met ‘n bordjie nie.

Kaapstad het reeds ʼn straat wat na oudpresident FW de Klerk vernoem is, het The Star Vrydag berig.

Volgens die berig is die straat in Wesbank en is die FW de Klerk-stigting nie eers bewus daarvan nie.

Cynthia Claassen, ʼn raadslid in Wesbank, het gesê die area het in 2000 tot stand gekom en die straatname is sedertdien reeds deel van die buurt. Stadsamptenare het aan die koerant gesê dit is onduidelik watter proses gevolg is om die straatname te kies.

Tony Ehrenreich, ANC-raadslid, was ook nie bewus van die straat wat na De Klerk vernoem is nie. “Dit is ʼn belediging dat ʼn straat in Wesbank na De Klerk vernoem is. Ons sal betoog sodat die naam verwyder kan word.”

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het vroeër die week aangekondig dat Tafelbaairylaan na die FW de Klerk-rylaan verander sal word. Die aanvanklike voorstel om dit na De Klerk te vernoem het hewige reaksie van onder andere die ANC en Cosatu uitgelok.

ʼn Vinnige soektog op Google se kaarte wys ʼn kort straat in Wesbank wat aan die een kant Achmat Williams- en aan die ander kant FW de Klerkstraat heet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

‘n Straat wat na De Klerk vernoem word moet uit winkels bestaan wat niks verkoop maar alles weggee.

Deon ·

Daar is ook twee BONN strate in Kaapstad. As ons vir die kinders `n pakkie gestuur het is dit baie keer by die verkeerde Bonn Street afgelewer. Hulle het gelukkig nou getrek en bly in `n ander straat in Kaapstad. Maar een ding wat darem maar lekker is van Kaapstad. By elke straat is daar darem `n naambord wat die straat se naam aandui en waar daar `n stopstraat is is daar darem `n stopteken of `n robot of `n toe-gee teken. Hier by ons in Bloemfontein is daar omtrent geen straat meer wat `n naambord het nie, die stoptekens is afgehaal (gesteel) en as `n robot uit die aarde gery word dan word dit nooit weer herstel of vervang nie. Maar dit is seker wat `n mens van `n ANC stadsraad kan verwag of wat sê ek.

Dirk ·

Het Kaapstad se rioolplaas al ‘n naam?. Siende dat hy die argitek was van die riool waarin ons nou is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.