Kaapstad hof toe oor onafhanklike krag-aankope

tafelberg-kaapstad-liggies

(Foto: pixabay)

Die Stad Kaapstad sê hy gaan die hof vra vir ʼn verklarende bevel wat hom sal toelaat om sélf te besluit watter soort krag hy wil aankoop.

Die saak daaroor word op 11 en 12 Mei aanstaande jaar aangehoor.

Die Wet op die Regulering van Elektrisiteit laat die minister van minerale hulpbronne en energie toe om die hoeveelheid energie, asook die soort energiebronne wat vir nuwe opwekking gebruik kan word, voor te skryf.

Die stad voer aan dit sy is grondwetlike plig om krag aan sy verbruikers te verskaf en dat dié verbruikers toegelaat moet word om te kies watter soort krag hulle wil gebruik.

“Ons glo dit is ʼn saak van dringende nasionale en plaaslike belang. Ons wil die hof vra om in te stem dat stede toegelaat word om krag van onafhanklike bronne in die mark te koop. Die stad hou vol dit is baie belangrik vir die nasionale regering om die opwekkings-omgewing oop te stel as stede hul koolstofvrystelling wil verminder en elektrisiteitsekerheid behaal gaan word,” het Phindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid vir energie en klimaatsverandering, gesê.

“Ons kan inwoners verseker dat baie werk gedoen word op die gebied van hernieubare krag en die diversifisering van hulpbronne. Ons werk voortdurend daaraan om krag te bespaar en moedig verbruikers aan om dieselfde te doen om die las op die netwerk te verlig. Deur toestelle soos geisers, wat baie energie gebruik, se gebruik te verminder, gaan ook ʼn positiewe uitwerking op verbruikers se nutsrekeninge hê.”

Maxiti het gesê te midde van voortslepende onbestendigheid wat betref Eskom se vermoë om krag te voorsien, is daar verskeie maniere om elektrisiteit te bespaar, of om oor te skakel na alternatiewe stelsels waar moontlik. Volgens hom is dit veral belangrik omdat Eskom dikwels op kort kennisgewing beurtkrag in werking stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Judge Dredd ·

……..onthou net – dit is ook die verbruiker se keuse of hy van Kaapstad krag wil koop of sy eie wil genereer…….

Jack Sadie ·

Judge, die punt is ‘n disfunksionele regering dwing ‘n disfunksionele kragvoorsiener aan die belastingbetaler af. ( Ek wou sê “op” , maar toe dink ek die krag gaan so gereeld ” af! “) Die feit dat ons in so baie dinge geen keuse het nie, is agv drakoniese wetgewing ( weereens; ai , hoe baie herinner dit aan ons vorige regering!). Die behoud Status Quo is nie vir my aanvaarbaar nie; ek glo graag dat ek deur die huidige drogredenasies van die ANC kan sien.

PJC ·

Ek hoop net dit gaan goedkoper wees as tans want dit is op die oomblik peperduur.

Joe ·

En vanaand kan ju NÊRENS in ons noordelike voorstad van Kaapstad krag koop nie, ook nie aanlyn ie. Die sisteem Is AF!!

Jaco ·

@ Joe, jy behoort te weet met die onbetroubaarheid in als moet daar voorsiening gemaak word, ek bv sal nooit my kragmeter onder 200 eenhede laat val nie, juis omrede vir sulke gevalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.