Kaapstad-hoofroete dán tydelik gesluit

Die Stad Kaapstad. Foto: Phillip Bruwer

Die Stad Kaapstad het motoriste Vrydag gewaarsku dat een van dié stad se hoofstrate eersdaags tydelik gesluit gaan word.

Die stad skop Oktober, wat Vervoermaand is, af met Oopstraatdag deur dele van dié straat onder meer vir voetgangers, skaatsplank-, rolskaats- en fietsryers beskikbaar te maak.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het gesê gedeeltes van Main, Victoria- en Sir Lowrysweg sal op Sondag 1 Oktober van 08:00 tot 16:00 vir verkeer gesluit gewees.

“Ons gaan dié strate wat deel van die M4 uitmaak op sy kop draai. Die M4 is een van die hoofroetes tussen die middestad en Woodstock, Soutrivier en Observatory. Dié hoofroete word oor naweke deur verkeer oorheers. Met Oopstraatdag gaan ons dit egter in ʼn speelpark omskep en verbeel hoe dit sonder verkeer sal wees,” het Herron gesê.

Die inkomende baan van Mainweg sal tussen die kruisings van Groote Schuur- en Soutrivierweg in Observatory gesluit word.

Die inkomende en uitgaande bane van Victoriaweg sal tussen die kruisings van Soutrivierweg en Russellstraat in Soutrivier en Woodstock gesluit woord.

Die uitgaande baan van Darlingstraat en Sir Lowrysweg sal tussen die aansluitings met Russell- en Buitkantstraat in die middestad gesluit word.

“Deel van wat ons met dié dag wil bereik, is om aan inwoners te demonstreer daar is verskeie maniere om van punt A na punt B te kom. Dit sal ook bydrae om ʼn groener Kaapstad en gesonder leefstyl te kweek. Meer van ons moet werk toe stap of fietsry of selfs van openbare vervoer gebruik maak om te help om verkeersopeenhopings te verminder.”

Hy het gesê stede reg oor die wêreld het groter menslikheid as deel van hul ontwikkeling ten doel. “Ons moet ook begin om ons stad te herdefinieer en dit in ʼn ruimte verander wat nie net vir voertuigverkeer bedoel is nie, maar meer vir voetgangers en fietsryers of enige ander vorme van mobiliteit,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Gun hul die afleiding, minstens doen hul iets anders om die droogte depressie te breek.

Mielie ·

Werk toe stap? Dit sal hemel vir misdadigers wees. Kom bietjie by en word wakker.

Karma ·

Ja-nee, Mielie, ek sien al hoe stap ek 26 km van my huis af, deur berge en oor dale, werk toe elke oggend en aand. En dit met diabetiese neuronsiekte – ek sal om 04:00 al by die huis moet wegspring om 08:30 aan te meld en om 15:30 weer in die pad val om terug te stap huistoe om darem nog lig-aand te arriveer …………..

Name ·

‘n Gulde geleentheid om sommer ook die straatname te verander!

bgj van der westhuizen ·

nog in voorbeeld van dom beplanning ons sit met groot water te kort en hulle laat groot bou planne goed en maak paaie toe waar om spandeer hulle nie meer tyd om water hier te kry nie en beplan om die stad te verbeter dat minder water weg loop na die see anc en die da altwee te sleg om goed te doen mors net geld en tyd

Boet Fasie ·

Wil die Stad Kaapstad regtig openbare vervoer aanmoedig wat so onveilig is . Mense word sommer uit treine gegooi en op openbare vervoer geroof .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.