Kaapstad-inwoners kan hier vuurwerk skiet

Vuurwerke-en-Guy-Fawkes

Argieffoto: Learnenglishteens.britishcouncil.org

Die Stad Kaapstad het 12 plekke goedgekeur waar vuurwerk vanjaar tydens Guy Fawkes en Diwali asook op Oujaarsaand afgevuur kan word.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Sondag gesê daar is ná oorleg met alle belanghebbendes besluit om die plekke waar vuurwerk afgevuur mag word, van agt na 12 te vermeerder.

“Die lys is goedgekeur in oorleg met nooddienste, wetstoepassingsowerhede en verskillende subrade. Die toename in die aantal plekke is om te poog om die versoeking om vuurwerk sonder wettige toesig af te vuur, te verminder,” het Smith gesê.

Die plekke is:

– Die toerismesentrum in Atheneweg by die Tafelsig-strandfront;

– die Wesfleur-sportveld in Reygersdalrylaan in Atlantis;

– die Bishop Lavis-sportveld in Lavisrylaan in Bishop Lavis,

– die Metropolitan-sportgrond in Melkhoutstraat in Bonteheuwel,

– die Delft-Sentraal-sportgrond in Hoofweg in Delft;

– die Swartklip-sportkompleks in Swartklipweg in Mitchellsplein;

– die Athlone-stadion se parkeerterrein in Klipfonteinweg in Athlone;

– die Maiden’s Cove-parkeergebied in Victoriaweg in Kampsbaai;

– die Strandfontein Pavilion in Strandfontein;

– die Sarepta-sportkompleks;

– die Blue Downs-sportveld; en

– die parkeergebied van Macassarstrand in Macassarweg.

Alle aangewese gebiede sal gepatrolleer word deur wetstoepassingsowerhede en metropolisiebeamptes. Niemand jonger as 16 mag vuurwerk hanteer nie en dit mag nie later as 23:00 afgevuur word nie.

Die publiek word aangemoedig om die onwettige verkoop van vuurwerk by 0860-Police (765-423) aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rabes ·

Nou hoe is dit moontlik dat daar nie een plek uitgewys is vir die hele noordelike en suidelike voorstede nie.

Maria ·

Arme troeteldiere. Ek HAAT vuurwerke waar dit ookal afgevuur word. Diere hoor dit steeds

M ·

Ek stem saam met jou Maria. Daar is elke jaar soveel diere wat wegraak en dood bang is agv vuurwerke. Wens dit kan heeltemal verban word

vaalpens ·

Sten saam. Vuurwerke moet herltemal verban word. Daar is steeds mense wat dit onwettig koop en by die erf of 2 of 3 of 4 of 5 blokke van jou geskiet word. Die arme diere.

Tammy ·

Diere word bang en sommige kry ernstig seer. Kinders brand, verloor hulle sig, vingers en hande word verbrand en ernstig beseer, maar die ouers leer nie. Geen simpatie met beseerde kinders nie, want die ouers is die oorsaak

Sarie Joubert ·

Ek bly in India waar vuurwerke vervaardig word. Hier is talle fabrieke wat deur Chinese besit word. Dit is die hoofbron van inkomste vir ‘n baie arm gemeenskap. Werkers vedien sowat R2000 per maand. Hulle kry vuurwerke gratis wat hulle ‘testers’ noem. Sommige van die klappers ontplof met ‘n oorverdowende slag. Gisteraand het een weer hier naby my ontplof. .dit het gevoel of my kamer gaan in die slag bly. Dit wil vir my voorkom of hulle die ‘testers’ met ekstra plofstof laai vir eie gebruik. Honde staan by waar klappers ontplof. Dit is ‘n daaglikse roetine hier. Net poue maak lawaai as die klappers geskiet word.
Sowat 6weke gelede het ‘n fabriek ontplof en 49 werkers het hul lewens verloor. Dit is die 4de fabriek wat hier ontplof het sedert ek hier woon. Kinders het groot ‘pret’ met die vuurwerke en speel daarmee sonder toesig. Ek is verbaas dat hier nie beserings plaasvind nie..want regtig sommige klappers klink soos bomme as dit ontplof.
Agv klappers was my broer doof. Kinders het ‘ n klapper in ‘n glasfles laat ontplof op ‘n huweliks onthaal. My broer was ‘n klein babatjie van ‘ week oud. Beide sy oortromme het beskadig en hy het sy skool opleiding by die St Vincent skool vir dowes in Johannesburg voltooi.
Ek stem saam dat vuurwerke verban moet word. Ongelukkig is dit ‘n Indiese tradisie dat vuurwerke tydens feeste gebruik word. Glo my hier is baie feeste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.