Kaapstad kan nou weer tyd hou

Die Kaapstad-stadsaal. Foto: Suné van Heerden

Die Kaapstad-stadsaal. Foto: Suné van Heerden, Maroela Media

Kaapstad het pas mooier geword. Die stad het Dinsdag aangekondig die bekende stadsaal-horlosie, ʼn replika van die Big Ben-horlosie in Londen, werk weer ten volle.

Garreth Bloor, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir toerisme en ekonomiese ontwikkeling, het gesê die herstelwerk is vandeesweek afgehandel en die horlosie is weer in werkende toestand.

Bloor sê daar is al sedert 2013 fout met die horlosie en dat hulle ʼn kenner moes nader om die fout op te spoor. “Daar is besluit dat ’n meer gespesialiseerde subkontrakteur met die nodige ervaring en ʼn beter begrip van historiese horlosies aan die horlosie moes werk,” sê Bloor.

Hy sê aan dié behoefte is voldoen deur Time Menders. “Daar het ou ghries en olie in die rattande van die horlosie vasgesit. Dit het oormatige slytasie veroorsaak, maar die probleem is nou opgelos.”

Die horlosie, deel van Kaapstad se kulturele erfenis en ʼn toeristeaantreklikheid, se oorspronklike onderdele het behoue gebly. “Al die herstelwerk is gedoen volgens die oorspronklike spesifikasies. Die oorspronklike onderdele van die horlosie is ook herstel om te verseker dat die historiese waarde van die horlosie nie verlore gaan nie,” sê hy.

Vir meer inligting oor die herstelproses en die horlosie besoek Time Menders se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans ·

Wat ‘n plesier om ‘n webblad te lees van mense wat weet wat hul doen.Mag die klok nog baie jare tyd en plesier verskaf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.