Kaapstad kap Sanral oor snelweg-uitlatings

Argieffoto van verkeer in Kaapstad Foto: Cape Town Daily Photo

Argieffoto van verkeer in Kaapstad Foto: Cape Town Daily Photo

Die stad Kaapstad het die Nasionale Padagentskap (Sanral) se uitlatings, dat die N1 en N2 in die stad “feitlik parkeergebiede” is tydens spitsverkeer, skerp veroordeel.

Die agentskap het dié uitlating gemaak nadat Kaapstad deur Tom Tom aangewys is as die stad met die grootste verkeersknope. Tom Tom het ʼn opname oor verkeerstoestande in die verskillende stede gedoen.

Volgens die stad probeer Sanral hierdie inligting gebruik om tolpaaie te regverdig.

Die agentskap skryf die verkeersprobleme toe aan “jarelange gebrekkige belegging in pad-infrastruktuur” wat tot ʼn toename in die spitstydverkeer lei.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het in teenstand teen die tolprojek egter gesê die stad tree verantwoordelik op. Hy het aan News24 gesê dit is “uiters kommerwekkend” dat Sanral nou klaarblyklik “staatmaak op ʼn verkeersknoop-opname om hul projek te regverdig”. “Sanral tree roekeloos op deur die projek na te jaag, ondanks duidelike bewyse van die impak wat dit op die stad en streek se ekonomie sal hê, en die risiko op die nasionale fiskus wat betref die waarborge wat die agentskap beplan om aan die operateur te verskaf,” het Herron gesê.

Herron voer aan noodsaaklike opgraderings kan meer doeltreffend en meer koste-doeltreffend gefinansier word. “Hulle motief is om ʼn noemenswaardige wins te maak uit motoriste wat al dekades lank van die paaie gebruik maak sonder om tolgeld te betaal en wat verstaan dat brandstofheffings behoorlik aangewend word om die paaie in stand te hou.”

Hy het gesê die stad het reeds gedeeltes van paaie geïdentifiseer wat voordeel kan trek uit ʼn bykomende baan om die spitstydverkeer bietjie te verlig.

Bron: Tammy Petersen, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Aanstap Kaapstad, die pad is lank en swaar (verkeer).

Tania ·

Verkeer sou nie `n probleem gewees het indien daar staatgemaak kan word op treine wat betyds is, skoon en natuurlik veilig is nie. Daar benewens moet die personeel betroubaar wees en nie jaarliks vir ‘n maand of 2 wil staak nie. Dieselfde reel geld vir busse. Dus die staat moet eerder na veilig en bekostigbare vervoer kyk, as wat hulle die arm man verder wil melk.

Pieter ·

die tolpaaie hier in gauteng maak geen verskil nie die verkeer in spitstye is ook maar ry stop ry stop

toy hancke ·

Als gaan net oor geld.Sanral wil net geld maak en hulle het nog nie hulle les geleer nie.Ons mense betaal al klaar genoeg aan hulle en die staat hulle wil net he.Waar gaan dit eindig ons sal nie eers meer kan ry op die paaie na ons bestemmings toe nie want dit gaan net geld kos wat ons al klaar nie het nie.Hulle wil tolhekke opsit maar kan nie eers paaie in stand hou nie.

pop ·

Dis waar< kry publieke vervoer eerder in stand, dan sal mense dit gebruik. Ek glo nie Kapenaars kla oor die spitsverkeer nie, ons is mos n geduldige, gelukkige klomp !!!Maar almal wat iets te doen het met die staat soek net groter pappotte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.