Kaapstad keer alkohol in drein af

Foto: Verskaf.

Stad Kaapstad het Donderdag begin om weg te doen met 12 000 bottels, sowat 8 169 ℓ, alkohol wat die afgelope paar maande gekonfiskeer is. Dié stap is geneem in gevolge die stad se munisipale bepalings dat alkohol nie verbruik mag word in openbare areas nie.

Raadslid JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het gesê die wetstoepassingsdepartement se skud het sedert Desember aan die begin van die feesseisoen uit sy nate begin bars van al die drank wat op strande en ander plekke gekonfiskeer is.

“In terme van die stad se bepalings is die besit en die drink van alkohol op strande onwettig en oortreders se drank sal gekonfiskeer word,” het Smith gesê. Hy het bygevoeg oortreders sal ʼn boete van R500 opgelê word en ʼn skrywe ontvang om in die hof te verskyn.

Lede van die publiek mag hul drank binne drie maande nadat dit gekonfiskeer is weer afhaal mits hul bereid is om R1 400 te betaal.

Foto: Verskaf.

“Uiteraard kry ons nie baie versoeke om die alkohol te kom haal nie en dit is waarom die stoor so vol is. Ons het al die moontlikheid ondersoek om die drank te verkoop en dan die geld in maatskaplikediensteprogramme te stoot, maar die reëls daaromtrent is baie streng. Daar is ook etiese en logistieke implikasies. Die naasbeste opsie is dus om die drank te vernietig,” het Smith gesê.

Volgens Smith sal die alkohol in houers wat elk ʼn duisend liter kan hou gegooi word en dan na die Vissershok-vullisterrein geneem word om uitgegooi te word.

Smith het bygevoeg dat só ʼn oefening nie vir die stad plesier verskaf nie. “Nou moet ons in hulpbronne belê om die polisiëringsplan oor die feesseisoen uit te brei om dronk mense van hulself te red én geld bestee om weg te doen met die alkohol. Dis ten spyte van talle waarskuwings dat dit onwettig is om op die strand te drink,” het Smith gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

k ·

Ek verstaan hoekom dit gedoen word – maar die is n erge hartseer prentjie om te aanskou…

3s4e ·

Waar doen mens aansoek om die drank weg te ry? Sal dit selfs verniet doen.

Kollie ·

Maak nie sin dat dit weggegooi word nie, ek meen dis mos nie soos dwelms wat vernietig moet word nie. En hoekom moet die “eienaars” weer betaal om dit te kom afhaal, hulle het mos reeds ‘n boete betaal vir die oortreding.

Delia ·

Jy’s reg Adri ….”skut” impound). skud soos in “afgeskud”, of skud jou kop…..

Johann ·

Ok so dis dddrrrrooòg in die Kaap ne? As daar al van water na wyn gedoen is, wat van wyn na water? Of seker daarvan mens kan oopmond in die foggies stort?

Grotman ·

Dit wat ons sien wat weg gegooi word is een ding. Wat van dit wat ons nie sien nie? Dit beland in die SAPD se kaste. So houer wat vol is moet een hengse skop he. Meng dit en bottle dit en voer dit uit na ISSIS.

WereWoof ·

So n mengsel ken ek as ‘n Kelners Kelkie. As ‘n voormalige kelner, het ons gewoonlik enige drankies wat oorgelos word deur jou Tafel, in’ n enkele glas oorgegooi, en aan die einde van jou skof gedrink.

Eish!!! ·

Eish, hoekom nou eers ! Coke is seker op.

Visse gaan nou baberlaar. Ag toggie.

Chaparel ·

Het al baie mense op strande en ander plekke gesien wat te diep in die glas gekyk het en die gedrag van sulke suiplappe, dink hulle is die mackie van die plekkie.
As hulle dan so nodig wil drink doen dit dan by die huis dan verhoed jy dat jy jou naam kiepie maak teenoor ander mense.

Hennie ·

Dis ‘n uitstekende wet wat Kaspstad se strande skoonhou, en ‘n uitstekende aksie om dit weg te gooi. Mooi raadslid Smith, jy kon nie beter doen nie!

JPZEL ·

Nee hel mense dis n RAMP!!! Keer daardie manne!!! Goed dat SAP hulle werk doen op die gebied ja, maar ek sit met met n knop in my keel hier net om aan die vermorsing van alkoholiese verversings te dink.

Cherokee ·

Boete van R500 ontvang èn ‘n skrywe om in ‘n hof te verskyn? Is Kaapstad in Zimbabwe?

Jongmense ·

Jong mense drink uit water bottels of “squeezy bottles” hul dranksies waar hulle nie mag nie.

Jongmense ·

Jong mense drink uit water bottels of “squeezy bottles” hul drankies waar hulle nie mag nie.

PATTY ·

Ons het verlede naweek agter ‘n voertuig gery met klomp jongmense in. Almal het met ‘n bier of wynglase in hul hande gesit en drink behalwe die bestuurder. Onmiddellik het ek gedink aan die kwessie dat jy nie op strande mag drank gebruik nie nou hoekom word drank toegelaat om gedrink te word in voertuie deur passasiers?

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense wat beweer alkohol is nie ‘n dwelm nie het nog nie ‘n suiplap van nader beleef nie. Ek het nie ‘n alkoholprobleem nie maar kyk rond om jou en sien watse ellende drank nie bv aan ‘n gewone huisgesin kan maak nie. Drank steel mense se lewes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.