Kaapstad lê beslag op duisende sigarette

sigarette

(Foto: pixabay)

Die metropolisie in Kaapstad het hul hande vol met winkeleienaars wat steeds sigarette verkoop en só die bepalings van die staat van algehele afsondering verontagsaam.

“Ons wetstoepassingsoptrede wys talle winkeliers verkoop steeds sigarette. Hoewel ʼn mens begrip het vir die beginsel van vraag en aanbod, is die verkoop van sigarette onwettig en winkeliers stel hulself bloot aan die gevaar van inhegtenisneming,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in Kaapstad, gesê.

Beamptes het beslag gelê op 179 pakke tabak, 918 los sigarette, 4 894 pakkies sigarette en verskeie bokse met sigarette, het hy gesê.

Tientalle ander mense is aangekeer vir verskillende oortredings wat insluit dronkbestuur, openbare geweld, die onwettige besit van dwelms en oortredings van die Wet op Rampbestuur.

Beslag is gelê op mandrax, tik en dagga.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Vier mense is in Soutrivier in hegtenis geneem nadat hulle glo by sakeondernemings in die gebied probeer inbreek het, het Smith gesê.

Metropolisielede het 1 937 voertuie voorgekeer en 1 988 boetes uitgereik.

Smith het gesê hoewel daar weens die staat van algehele afsondering minder voertuie op die paaie is, is mense oënskynlik meer roekeloos en meer voorvalle van spoedoortredings is aangemeld.

Kaapstadse metrobeamptes het 5 536 voorvalle van spoedoortredings aangemeld, 11 motoriste in hegtenis geneem en 19 minibussies geskut.

“Hoewel daar ʼn beduidende afname in die aantal voertuie op ons paaie is, lyk dit of diegene wat wel agter die stuur is dink dit is in die haak om vet te gee. Die meeste van die spoedoortredings was tussen 50% en 150% meer as die spoedbeperking,” het hy gesê.

Die stad het ook 20 mense vir kabeldiefstal in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rodger17 ·

Stop asb nou die drank en sigaret plundery sap!Het jul nog nie genoeg gevat wat nie jul eiendom is nie!

Boortor ·

Los die sigarrette en drank en keer die virus!! Dis tog waaroor ons in huisarres is! Dan nie!??

Fedup ·

Why do they waste time, resources and energy on sigarette sales? Concentrate on crime. If that is not too much to ask.

JJ ·

Ons lewe in ‘n “nannie-staat” en dit gaan net erger word.

Burgermeester ·

Ramaphosa was korrek toe hy gese het dat die inperkingstydperk diepliggende probleme bloot stel. Diepliggende probleme soos ‘n onbevoegde regerende party, korrupte parlementslede, ‘n polisiehoof wat dink hy is hoof van die mafia, en ‘n president wat te kort skiet aan kritiese denke. Hoekom wil jy mense verder straf wat in afsondering vasgevang is? Gee die mense hulle sigarette, laat hulle rook as dit hulle beter gaan laat voel.

Willem ·

Nou het die polisie sigarette wat hulle seker verkoop en self rook. Bly maar n klomp narre

Jaco ·

Sjoe…hierdie lockdown lyk my gaan oor hoe om die siggaret en drank monster hok te slaan pleks van die virus self…En hoekom is Squirrel so bang vir Cele? Of is dit dalk die Zuma vrou wat haar mal idiees op Cele afgedwing het?

Kobus ·

Dalk is die regering bang dat sigarrette en drank die virus kan keer of selfs verhoed!

Genis ·

Nee hulle sal dit nie stop nie, want kriminele het meer regte, en dit raak nie hulle sake nie

netekalleen ·

Sigarette en drank weerhou van mense gaan definitief nie die virus keer nie. Hulle bewys nou net dat almal bereid is om die wet te breek vir hul klein plesiertjies. Wonder waar gaan al die gekonfiseerde drank en sigarette heen? Seker na al die raadslede wie se gesiggies so uitgeblock word wat nie die reels nakom nie

Emily ·

Dit is regtig verregaande. Hoekom was daar nie voor die 2de Lockdown winkels oopgemaak, sodat mense hulle sigarette en drank en wat ookal kon koop nie.
En soos dinge nou lyk gaan hulle dit met nog 2 weke verleng. Maak oop die plekke dat mense hulle goed kan koop, Stel n beperking in op hoeveel jy mag koop. Ek persoonlik koop elke maand my gifpyltjies vir die maand, Nou hoe nou met die aanhoudende toe winkels en lockdown.
Dink tog bietjie voor julle mense net probeer straf.
En waar gaan die goed heen wat die polisie ens. net so van die mense afvat.
Konsentreer eerder op julle swak mense in uniform se diens, Hoe hulle mense behandel is uiters walglik.
Daar is meer moord, diefstal en ander misdaad in hierdie maand wat ons agter slot en grendel is as voorheen. Konsentreer daarop.
Meeste van ons Bly tuis, dra maskers en en en.

Elise Georgina Irene ·

Kan nie glo mense so onverantwoordelik wat spoed betref nie. Hartseer!
Verstaan dat drankverkope verbied word vir duur van inperking maar belaglik dat sigarette verbied word want dan vat jy aan jou mond. Hou maar dop hoeveel maal jy in elkegeval aan jou mond vat elke dag sonder om te dink!!!! Of veral as jy dink!!!!

Jaco ·

Kan hierdie inperking asseblief tog net gestop word. Dis tog hiper duidelik dat dit nie werk nie. Daars te veel oortredings en ontevredenheid.

koos10 ·

Daar is geen duidelike riglyne nie. Die verbod is op die VERKOOP van sigarette. In my boek beteken dit jy moet 2 persone betrap waar geld oorhandig word in ruil vir sigarette. Maar nou lyk dit my daar word beslag gelê op alle sigarette wat die wetstoepassers kan vind.

Riaan ·

Belaglik as jy in ag neem dat jy in ‘n lang ry vir ure kan staan om die lotto te speel, maar nie sigarette mag koop nie. Dan sal dit ook goed wees as die staatsamptenare wat nogsteeds ‘n vol salaris trek se salarisse verminder kan word – Daar is duisende sogenaamde “Non Essential” besighede wat GEEN inkomste kan genereer nie

koos10 ·

Riaan, neem asb net in ag dat daar duisende staatsamptenare is wat vog dag werk en nog oortyd ook werk, sonder enige vergoeding, en hulle gesondheid en lewens in gevaar stel, sonder om te blik of bloos.

Kobus ·

Daar is baie mense wat sonder oortyd vergoeding werk.Probeer Tswane Munisiplaiteit bel…………

PieterP ·

Ja foeitog, gaan harass winkel eienaars eerder as om die skares en massas te probeer beheer by die kospakkies se punte of te keer dat nog trokke geplunder word. Julle doen seker maar net wat julle kan, dit is hoekom jy by die metro polisie aangesluit het en nie by die SAPS nie. Wannabes

Scalla ·

maw daar is meer as een boete per motor geskryf, het ook seker gehoor van indien target oosrkry word, kwalifiseer u vir n vet bonus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.