Kaapstad lê beslag op miljoene rand se perlemoen

Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie in Kaapstad het Woensdagoggend vroeg beslag gelê op miljoene rand se perlemoen in Gordonsbaai ná ʼn hoëspoedjaagtog.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang dat perlemoen op pad is na die hawe. “Toe die bestuurder van die motor besef hy is opgemerk, het ʼn hoëspoedjaagtog gevolg.”

Rwexana het gesê die voertuig, ʼn wit Toyota Verso, is op die R44 opgemerk. “Toe die bestuurder dit besef, het hy ʼn U-draai gemaak en weggejaag. Die bestuurder het ná ʼn hoëspoedjaagtog die voertuig verlaat en te voet gevlug.”

Die polisie het beslag gelê op R5 miljoen se perlemoen wat in die voertuig gevind is. Die polisie is steeds op soek na die verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maksie ·

Wat WORD van daardie perlemoen wat gekonfiskeer word???? My mond water daarvoor maar mag self nie uithaal nie en die dwelmbendes is so betrokke met al wat waardevol en skaars is, ek wil ópgooi daaroor!!!

Sê maar net ·

Ek verstaan ook nie Maksie. Dit help niks as jy hierdie mense rapporteer nie. Ek het al polisie toe gebel, Groen skerpioene, Valke. Die smokkelaars is vrek uitgeslape. Hulle leef n normale lewe, hulle is tot mense van aansien, hoog geleerdes. Maar toemaar, hul sal hul dag kry. Ek weet van 1 groepie en weet presies waar hul bly. Ek het al by Crime stop gerapporteer. Maar ons kom nerens nie. Dis aan die orde van die dag…om skelm te wees. Dis so jammer

Joe ·

So die tip het die polisie toe glad nie gehelp nie. Ai tog. Die verdagte hardloop sommer weg. Hoe so? Is die SAP onfiks of wat? Dis so teleurstellend. Mense in baie areas in die Wes Kaap probeer hulle strande beskerm teen stropers, maar die hulp van polisie word ook benodig. Nou is die perlemoen gestroop. Vir wat??? Ag nee…

Snowball ·

Navraag by ‘n polisiebeampte oor waarom die stropers so blatant in areas rondom Gansbaai besig is, selfs as die Polisie wel gebel word, is die verskoning dat daar ander misdade (soos diefstalle, huisbrake, geweld) is wat prioriteit moet kry, en dat die Polisiemag eenvoudig te dun gesaai is om by dit alles uit te kom… Misdaad seëvier in SA.

lolla ·

ek sou nie waag om iemand te rapporteer nie…hulle het vriende met hoe range in die polisie…. was een aand by n partytjie toe se hulle dat hulle geld van perlemoen werk is…maar hierdie pel in die polisie werk goed saam….. hulle en die ‘polisieman’ het gedink dis groot grap… en hulle ontsien nie vriendskap om jou te misbruik nie ….

humor ·

Hier is beslis n baie groot stinkende rot. Ek dink die wereld Groenbeweging moet nou maar eers die seerbbe en die jagluiperds los en hie aandag gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.