Kaapstad-lughawe binnekort hernoem

Kaapstad Internasionale Lughawe (Foto: CapeTown-Airport.co.za)

Die departement van vervoer het Maandag gesê prosesse is tans aan die gang om die naam van die Kaapstad Internasionale Lughawe te verander.

Dit kom nadat Julius Malema, leier van die EFF, Saterdag by die begrafnisdiens van Winnie Madikizela-Mandela gesê het die ANC moet dié lughawe herdoop na die Winnie Mandela-lughawe om haar nalatenskap te vier.

Ishmael Mnisi, woordvoerder van Blade Nzimande, minister van vervoer, het Maandag aan Maroela Media gesê die departement het talle voorstelle ontvang dat die Kaapstad Internasionale Lughawe se naam verander moet word. “Die voorstelle vir name wat direk aan die departement gegee en indirek deur die media voorgestel is, is onder meer Nelson Mandela, Albertina Sisulu, Winnie Madikizela-Mandela en Robert Sobukwe,” het Mnisi gesê.

Hy het gesê hoewel die departement steeds besig is met konsultasieprosesse rondom die beoogde naamsverandering, is Nzimande van mening dat ʼn lughawe “van sulke nasionale en internasionale belang” vernoem moet word na “een van ons vryheidsikone wat onverpoosd geveg het teen wit oorheersing en apartheid”.

“Minister Nzimande het gesê die uiteindelike doel is om seker te maak dat ons hierdie lughawe vernoem na een van ons helde of heldinne wat besonders bygedra het tot die bereiking van ʼn demokratiese Suid-Afrika – ʼn land wat verenig, nierassig, nieseksisties, demokraties en vooruitstrewend is,” het Mnisi gesê.

Volgens Mnisi hoop die departement om die konsultasieproses rondom die lughawe se naamsverandering binne die volgende paar maande af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Sid ·

Ha ha ha, nou wat kan n mens sê. Eerder jouself afvra, watse nalatenskap ?

Cheryl ·

Stem saam Ekke – Dis om van siek te word, daar is nie geld vir “basics” nie maar altyd geld vir onnodige strooi

vonny ·

Hoe is dit moontlik dat hierdie man, malema soveel mag het?? hy dalk die ‘skadu minister van suid afrika”??? volgende is dit seker die naam van suid afrika wat verander na winnie africa?!!

André ·

Julius kan net sowel president wees. As hy praat, doen hulle wat hy sê.

OH my word ·

nie rassig nie seksisties demokraties??? IS ons nou by dieselfde hoofstuk? Winnie Madikizela is vir WIE ‘n iKOON? Die onderdrukkende meerderheid . so die minderhede soos indiers en kleurlinge en wittes wat sy NIE verteenwoordig nie beskou dit as DEMOKRATIES en nie rassig? nee ok !

ham ·

Die lughawe behoort dien Kaapstad en sy besoekers. So waarom nou ‘n lughawe na ‘n mens vernoem. Bou standbeelde vir helde waar nodig, maar benoem lughawens na die stad of plek waar dit geleë is.

Cherokee ·

Ja, en die Kapenaars spog met die Kaap en nooi wittes om daarheen te verhuis. Die Kaap is niks anders as Gautengeleng.

Oom Kalahari ·

Ja is reg, as ou Juliusie gepraat het moet almal spring. Noem asb nog ‘n dorp ook na haar. Wat van Brandford wat na Winnie vernoem word asook paar strate in dorpe en stede ook na haar. Speel parke en Skole, Universiteite en Kolleges kan ook naamsverandering kry na die groot Mama en Ikoon. Moet asb niks hou wat van die Aparheidsjare herinner nie, want ons het mos darem die nuwe apartheids era inbeweeg.

Afrikaanse Knaap ·

Nou moet ek elke keer aan ‘n vrou dink wat ander ge-“necklace” het wanneer ek Kaapstad toe gaan? Dis ‘n erg aanstootlike voorstel. Ek vind dit ontstellend.

Charmain ·

Ja ek is nou sommer wit van woede! Alles word verander! Malema het gepraat!!! Wat van ons nalatenskap aan ons kinders? Daar is niks meer, universiteite, alles wat ons kinders gaan herinner aan ons nalatenskap.??

eugene ·

julius like vir Tannie Winnie want sy haat ook die ‘superior’ blankes

jaco ·

matches and necklaces gaan nie pas by vliegtuigbrandstof nie…

Tyre ·

N standbeeld van ou Winnie by die ingang na die lughawe is n goeie idee. Hulle moet dan daagliks weerskante van haar iemand van die anc regering necklace om haar nagedagtenis aan hierdie land behoorlik te vier.

vonny ·

almal en dit sluit uitlanders in weet en waar is kaapstad/cape town! maar wie is mamma winnie???!!!

jaco ·

as SA dan nou volgens Nzimande so “verenig en nie-rassig” is, waarom is daar dan nog goed soos regstellende aksie en BEE wat uit en uit teen wit mense gemik is?

Justice ·

Hoekom nie Bloemfontein of Tempe lughawe nie? – darem die naaste aan Brandfort en die museum huis.

Hendrik ·

Defnitief nie SA waarvan hy praat nie.”Nn Land wat verenig nie rassisties……….”WHA HA

j-lo ·

Dis nou ‘n goeie een, wat van ” Necklace International Airport “

JoyVA ·

Kan ons nie maar daai geld gebruik en vir mense sorg wat swaar kry nie? Of dalk die paaie in ooste van Pretoria reg maak waarop ons, die belastingbetaler, moet ry elke dag werk toe en terug? #justsayin

Kerneels ·

In 1994 is name verwyder oor dit nie na mense vernoem moes word nie maar na die plek waar dit is. Nou is hulle weer terug by mense. Is my seerkry dan minder seer as ‘n swart persoon sin. Of as ek aanstoot neem oor ‘n naam minder van belang as ‘n swart persoon sin.

Jannie ·

Julius moet pasop as hy alles hernoem wat gaan oorbly om na hom te benoem.

Oom Kalahari ·

Wat van Mama Winnie se kop ook vertoon op paar van die geld note saam Mandela. Die Reserwe Bank kan gerus daarna kyk. Ons kan regtig heelwat hulde bring aan die groot struggle Ikoon en dalk ook kyk na General of Dunlop bande en Lion Matches na haar vernoem. Wat ‘n eer en toekening sal dit darem nie wees om iemand so goeie erkenning te kan gee nie. Hul kon darem ook regtig oorweeg het om die begrafplaas waar sy ter ruste gele is na haar te vernoem.

JoeV ·

Aha, nou kan die herwinning van ou motor bande gebruik word vir die ewige vredes vlam by die ingang. Iemand kan daagliks hoop bande aflaai en sorg dat daar permanent een aan die brand is ter herhinnering.

Hannelie ·

Hahahahaha….word wakker sy is dood! Hoekom iets na haar vernoem. Vir jare het die ANC en EFF niks oor haar gepraat nie, noudat sy dood is, ewe skielik is sy ook iemand.

Hannelie ·

Julius Malema ly jy aan ‘n minderwaardigheidskompleks? Bou vir jou ‘n ou plekkie en vernoem dit na jou, en dan bou jy ‘n brug en kom daar oor.

G@be ·

Mens gaan dood aan die honger… maar ons sal eerder geld uitgee om ‘n lughawe se naam te verander… belaglik

Veer ·

Waar gaan alles eindig! As alles verander word, wanneer die man n bevlieging kry, wonder ek waarom ons land n President het..

Casper Labuschagne ·

Toe ek die opskrif sien en voordat ek die berig gelees het, toe dink ek as ‘n grap aan ‘n spesifieke naam.

Dit is ‘n verskriklike vloek as ‘n mens se grappe die waarheid word, Hollywood behoort daarvan ‘n riller te maak.

Riaan ·

Tweede laaste paragraaf laat my net lag. Alles in hierdie plek is net die teenoorgestelde. Dit kan my nie so bietjie pla wat hulle die lughawe noem nie. Sy mure gaan in elk geval omval oor n paar jaar

Sue ·

Laat hulle aan gaan en als verander, dis beter om als te verander want Suid Afrika is dood in 1994, hoekom nie die land se naam ook verander nie… “South Ama Kulu kulu”. Regtig, voel ek n veer. Dit maak my opstandig en negatief om sulke goed te lees. Hoekom dan maar die “Necklace International Airport” nie, of onthou ek net die gruweldade van die verlede?

Johan. H. ·

Moet dit altyd m swatr naam wees,, hoekom nie Vicky Momberg Internasionaal nie,,

treurgrond ·

Dankie vir die goeie lag vandag. Ons het mense wat nie kos het nie – en dan word daar nog geld bele in ‘n Lughawe se naam verandering en straat naam veranderings. Hollywood moet defnitief ‘n riller doen Ha Ha ha

Amper-Bo ·

Stem met julle almal saam. Die regering kan darem geld mors. Bou liewer huise en noem die nuwe woongebied na haar. Waar is ‘n patisie om dit te kan onderteken? Wys vir die Wes-Kaap regering wat die mense dink.

rollie ·

“Nierassig” LOL. Hierdie ouens lieg so erg dat hulle hulself later begin glo.

Anthony ·

Liewe hemel mense, die ekonomie druk maar ons wil geldmors… dis absurd. Om ‘n plek soos ‘n lughawe te hernoem kos miljoene. Naamborde, kaarte, navigasiestelsels, boeke, pamflette, webtuistes ens ens moet als gewysig word, nie net plaaslik nie, maar in die buiteland ook!! Die kostes is astronomies. Maar nee, daaraan word nie gedink, die belastingbetaler sal eenvoudig daarvoor opdok en klaar…

Waarom nie eerder n standbeeld of iets soortgelyks daar oprig ter nagedagtenis nie? Soms wonder ek of die ANC en EFF se gesamentlike IK nie veel hoër is as die hoeveelheid vingers op my twee hande nie want die breinkrag ontbreek…

Siek en sat ·

Gebruik die geld eerder om vir julle mense wat vir julle stem huise te bou of water aan te le. Soooo gatvol hoe geld in hierdie land gemors word op ALLES behalwe wat prioriteit is.

Ben ·

Het julle al prakties gedink. Hoe groot moet die naambord wees om:
“Winnie Madikizela-Mandela Internasionale Lughawe” te bevat? Wat het sy vir die Kaap beteken? Wanneer gaan die ANC leer dat as jy ‘n plek na ‘n mense vernoem, dan word dit ‘n politiek speelbal. In die langtermyn gaan die volgende regering net die naam verander. Dit is nie wys nie. Sy gaan dit in elk geval nooit sien nie. Dink vir ‘n slag.

PJC ·

Hulle kan alles vernoem na wie hulle wil maar wanneer ons môre oggend wakker word is ons almal nog steeds dieselfde kleur. Nou wonder ek net wie se skuld dit is.

johan II ·

Baie maklik: Kaap = Transvaal – ~20 jaar ….dis in elkgeval n ou simpel lughawe met die huurmotors wat so vêr is.

Chantelle Steyn ·

Wat kos dit vir so naam verandering van ñ lughawe?

Karen van Zyl ·

Asseblief , gebruik eerder daai soort van geld om die armes te voer en te behuis, hulle slaap op sement in die middel van die straat met ‘n klein kombersie? Dit is nie wat belowe is nie.

Blommie ·

Maar dan kan julle mos nou sommer Delaray ook in die hoed gooi!!!!
En hoekom nie Eugene Terreblanch ook sommer in die hoed gooi nie!!!!!!!!!!!!!!!

Annika ·

en ons belasting geld gaan daarvoor… hulle moet asb ondersoek instel wat dit gaan kos om die naam te verander, en dan vir die mense die boodskap uitstuur daat soveel geld kan gebruik word om n plek se naam te verander maar nie om huise en skole op te rig vir die mense nie

Riana ·

Baie snaaks… miskien tyres vernoem na haar… Winnie tyres.. perform like fire! Eish nee… dit sal van my kar afval… hahaha

Angie ·

Nou wat maak haar Soo spesiaal? Of is dit omdat sy nes die res was. Hoekom dit nie verander na n wit president se Naam toe Nie? Hoekom Al daai geld mors op n Naam verandering? Hulle Kan daai geld eerder bestee op die land se armoede….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.