Kaapstad-lughawe vir soveelste keer beste in Afrika

Die Kaapstadse Lughawe. Foto: www.bestcities.net

Kaapstad Internasionale Lughawe is vir die sesde agtereenvolgende jaar as die beste lughawe in Afrika aangewys.

Die gesogte Skytrax World Airport-toekennings is vanjaar weer weens die Covid-19-inperkings aanlyn aangebied. Buiten die toekenning vir die beste lughawe in Afrika, het Kaapstad Internasionale Lughawe ook die toekennings vir die beste lughawepersoneel en die skoonste lughawe in Afrika ingepalm.

Volgens David Maynier, die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, is om hierdie toekenning te wen nog belangriker in die lig van die uitdagende jaar wat die reisbedryf beleef het.

“Ons is daarom ongelooflik trots op die span by die Kaapstadse Internasionale Lughawe wat voortdurend wêreldgehalte diens lewer aan diegene wat Kaapstad en die Wes-Kaap besoek,” het Maynier gesê.

“Met die suksesvolle uitrol van Covid-19-entstowwe, twyfel ek nie daaraan dat die toerisme- en reisbedryf sal herstel nie, en as ons dit doen, sal ons gereed wees om besoekers in Kaapstad en die Wes-Kaap te verwelkom en hulle uitstekende diens te bied. Dit is van kritieke belang vir ons strategie om werk te red en die ekonomie in die Wes -Kaap te herbou.”

Verder het Durban se King Shaka-lughawe die prys vir die beste streekslughawe in Afrika ontvang.

Die Doha Internasionale Lughawe in Katar is tydens dié toekenningsgeleentheid as die beste lughawe ter wêreld aangewys, terwyl Tokio se Haneda-lughawe en die Changi-lughawe in Singapoer die topdrie voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willem ·

Geluk Kaapstad!!!!Mens kan sien wie regeer en in beheer daar!!!!!!

Jacques ·

Ons Kapenaars is trots op ons lughawe! Gelukkig is dit nog nie hernmoem na Kebega of Matwetwe-Lughawe nie. Terloops, hoe klink Matwetwe as ‘n nuwe naam vir Kaapstad?

Hardekwas ·

Dis nogal heel logies hoekom Kaapstad lughawe die beste in Afrika is. Meer hoef nie gesê te word nie.

Frank John ·

Well-done Cape Town. Goed om te weet daar is darm een plek in SA wat so goed doen. Die personeel is ‘n riem onder die hart omdat hulle hul so profesioneel optree om selfs erken te word.

Harley Davidson ·

Hier is die bewys dat ons enigste hoop op vooruitgang is ‘n onafhanklike tuisstaat soos die weskaap,kan julle dink wat die weskaap kan bereik as dit onafhanklik van sa was en dit net omrede die provinsie bevoegde leiers het.

Johan ·

Ek vlieg gereeld na Kaapstad en wag nog v die dag wat alles vlot verloop daar. Parkering is uiters swak gemerk. Die “drop-off” is n gemors. Die huurmotors is te vêr. Die “bus diens” is by die lughawe maar niemand gebruik dit nie. Het v meer as n uur in die tou gestaan v covid nonsens. Die omgewing is vieslik…wat maak dit so goed wonder ek nou.

Harley Davidson ·

Dit wys jou Johan hoe verval die diens dat jy so sukkel met die beste lughawe in Afrika maar sterkte ek hoop dit kom reg.

Louisepretorius ·

mooi hou so aan kaapstad ons is as land trots op julle. daar is nog landsburgers wat in vrede vorentoe wil gaan.

Anoniem ·

Die gereelde veranderings by die lughawe veroorsaak wel ontwrigtings, maar dis ten minste ten goede. Wel gedaan.

JohanR ·

Met die duurste parkeering vir ‘n lughawe, nie net in Afrika nie maar in die hele wereld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.