Kaapstad-lughawe weer Afrika se beste

Dit is die sewende agtereenvolgende keer dat die lughawe in die toekennings as die beste in Afrika aangewys word. (Foto: Cape Town Airport/Twitter)

Die Kaapstad Internasionale Lughawe is pas aangewys as nie net die beste lughawe in Afrika nie, maar ook die skoonste lughawe op die vasteland én die lughawe met die beste personeel.

“Die toekennings is ʼn duidelike verklaring van vertroue in die lughawe en ons wens die lughawe, span en almal wat gehelp het om hierdie fantastiese prestasie moontlik te maak – veral in hierdie moeilike tye – geluk,” sê Mireille Wenger, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede.

Sy sê die volgende stap is nou om met die beste lughawens ter wêreld mee te ding.

Skytrax se wêreldlughawetoekennings word bestempel as die invloedrykste eerbetoon in die lughawebedryf. Klante stem hiervoor in die grootste jaarlikse internasionale klantetevredenheidsopname, en klantediens en fasiliteite by meer as 550 lughawens word geassesseer.

Dit is die sewende agtereenvolgende keer dat die lughawe in die toekennings as die beste in Afrika aangewys word.

James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, sê die stad is trots om nou saam met die span van die lughawe te werk om ʼn fasiliteit van wêreldgehalte te skep. Die lughawe is ʼn belangrike stuk ekonomiese infrastruktuur met ʼn positiewe uitwerking op werkskepping en die uitbreiding van sakegeleenthede.

“Die toekenning bring internasionale aandag en gee lugrederye die vertroue om na die Moederstad te vlieg. Dit is ook ʼn teken van die ekonomiese gereedheid van die stad. Deur Kaapstad aan meer stede en lande te verbind, beteken ons kan meer besoekers verwelkom en meer werk deur toerisme skep,” sê Vos.

Dit skep ook handelsgeleenthede om die uitvoer van trots Kaapse produkte na die res van die wêreld te verhoog.

Vos sê die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) moet nou die beoogde uitbreiding van die lughawe prioritiseer.

In Mei het internasionale reisigers herstel tot 70% van die vlak wat dit in dieselfde tyd in 2019 was, terwyl dit nou op 82% vir plaaslike reisigers staan.

United Airlines het vroeër aangekondig dat hy nou heeljaar lank ʼn diens na die provinsie gaan lewer en Wenger sê daar is ʼn duidelike styging in die vraag na vlugte na Kaapstad.

“As ʼn trotse vennoot van die Air Access-program, sal ons voortgaan om hard te werk om die getal aansluitings na die Wes-Kaap te verhoog. Meer aansluitings beteken meer toerisme, meer handel en meer beleggingsgeleenthede wat goed is vir ekonomiese groei en werkskepping,” sê Wenger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Rerig! Papsop nat gereen vanaf die vliegtuig na die bus. Darem by OR loop jy uit die gebou uit in die vliegtuig in, en omgekeerd.

domheks ·

Verander die naam… dan kyk ons hoe gaan dit vorentoe. OR Tambo vrot.

Henri ·

Ons kan vlieg, maar ons kan nie swem nie. Ons seehawens kan nie dieselfde sê as ons lughawens nie.

Harley Davidson ·

Alles in die weskaap is beter maak hom los van die piesang Republiek en jy sit met ‘n eerste wêreld land en die enigste hoop vir Afrika.

Dries ·

Net in die Weskaap. Nog n tree nader aan n onafhanklike Weskaap

Stephen ·

Well done Cape Town. Let that be an example for the rotten ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.