Kaapstad-ma het glo kinders verwaarloos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige vrou van Valhallapark in Kaapstad is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing nadat haar kind in die vroeë oggendure glo in die straat rondgehardloop het.

“Die ma is Donderdag in hegtenis geneem en sal Vrydag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie het Dinsdag ʼn beroep op die publiek gedoen in hul soektog na die ouers of familie van die kind. “ʼn Ooggetuie het gesê die seuntjie, ongeveer een jaar en vyf maande oud, het Saterdagaand ongeveer 00:20 in Simonstraat gespeel,” het Van Wyk bygevoeg. “Sy het glo gevra of iemand die kind of die ouers of familie ken, maar het geen reaksie gekry nie. Die seuntjie het ʼn blou T-hemp aangehad toe hy gevind is.”

Die kind is aan die sorg van die departement van maatskaplike diens oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

magdas ·

hartverskeurend!!Die baba Moe’s in sy bedjie ge wees het.

Hettie ·

Skokkend! Kind is nog klein. Dankie tog kind is veilig by Departement van maatskaplike diens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.