Kaapstad-ma vas oor kaalfoto’s van haarself en kinders

Grafika: Federal Bureau of Investigation via Wikimedia Commons

ʼn 32-jarige ma van Bonteheuwel in Kaapstad is in hegtenis geneem op aanklag van die vervaardiging van kinderpornografie, die besit van kinderpornografie, die verspreiding van kinderpornografie en dat sy wins gemaak het uit die verkope van kinderpornografie en verkragting.

Dit volg ná die Amerikaanse Federale Buro van Ondersoek (FBI) die vrou se adres tydens hul ondersoek opgespoor het. Die vrou het na bewering naakfoto’s van haar en haar kinders op die donkerweb verkoop.

Die FBI en die VSA se departement van binnelandse veiligheid (Homeland Security) het ondersoek ingestel toe hulle in kennis gestel is dat die vrou die foto’s verkoop en betaling deur Paypal ontvang. Die FBI het hulle as ʼn kliënt voorgedoen en die vrou se identiteit op só manier bekom.

Die Wes-Kaapse polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele ondersoeke, se hulp is ingeroep om die vrou in hegtenis te neem.

Die vrou, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie as gevolg van die aard van die misdryf en omdat minderjarige kinders betrokke is, het op 22 Julie in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn.

“Die verdagte bly in aanhouding. Sy moet op 19 Augustus weer in die hof verskyn,” het ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Die vrou het nog nie aansoek gedoen om borgtog nie.

Maroela Media verneem die vrou het eers net foto’s van haarself verkoop om ʼn inkomste te verdien, maar het later ook haar kinders, na bewering onder andere haar vierjarige seun, betrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Hoop sy sit vir altyd in die tronk.

Blomme

Kan so ń vrou ń moeder heet.?

Buck

Sies, hoop sy kry wat haar toekom.

Yvonne

Sies

Chris

Is skokkend en keur dit nie goed nie, maar as jy nie geld het nie, sal jy enige iets doen, dobbel, selfs moord pleeg….. Ons leef nou in ‘n land van uiterstes ….