Kaapstad mag steeds nie treine self bedryf

Op die trein: minister van vervoer Sindisiwe Chikunga, Prasa se uitvoerende hoof, Hishaam Emeran, en uitvoerende hoof van Gibela Train Consortium, Hector Danisa (Foto: Tariro Washinyira/GroundUp)

Deur Tariro Washinyira, GroundUp

Die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, het weer Kaapstad se planne om die stad se treindienste oor te neem en self te bestuur, afgeskiet.

Hoewel in die spoorbeleid voorsiening vir afwenteling gemaak word – met bepaalde voorwaardes – is daar in hierdie stadium geen proses om dit in werking te stel nie, het die minister vandeesweek tydens ’n besoek aan Kaapstad se noordelike spoorlyn gesê.

Die minister sê al wat Prasa in hierdie stadium van die stad wil hê, is om diegene wat te naby aan die spoorlyne huise opgerig het nadat die spoorlyn in 2019 in onbruik verval het, te verskuif.

“Die hervestiging en voorsiening van huise is nie Prasa se mandaat nie.”

Beperkte passasierspoordienste is in Januarie op ʼn gedeelte van die noordelike spoorlyn tussen Eersterivier en Bellville hervat nadat daar jare lank geen treine geloop het nie.

Streeksingenieursbestuurder Raymond Maseko het die minister ook die versekering gegee dat treine teen Oktober vanjaar tussen Strand en Stellenbosch gaan begin loop.

Volgens ’n voorlopige finansiële ontleding van die stad, kan ’n doeltreffende passasierspoordiens laerinkomstehuishoudings na raming jaarliks sowat R921 miljoen bespaar en meer as 51 000 werksgeleenthede onderhou.

Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die ontleding wys op ʼn dringende behoefte om spoordienste in Kaapstad na metro-vlak af te wentel sodat die stad dit self kan bedryf.

“Ons doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa en Chikunga om die nasionale strategie vir die afwenteling van spoordienste af te handel sodat die stad se treine weer in belang van al sy inwoners kan loop.”

Minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, skud hand met Metrorail se woordvoerder Zinobulali Mihi by Eersterivier-treinstasie (Foto: Tariro Washinyira/GroundUp)

Die provinsiale regering is ook ten gunste van die oordrag van die diens na ʼn meer plaaslike vlak.

Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer, Ricardo Mackenzie, sê die afwenteling van passasierspoordienste is goedgekeurde regeringsbeleid, ingevolge die witskrif oor die nasionale spoorbeleid wat in Mei verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer is.

“Intussen kan ons nie net rondsit en wag nie. Ek het dit duidelik gemaak dat die herstel van spoordienste vir ons pendelaars ʼn topprioriteit is. Ons werk hard om waar moontlik ondersteuning te bied en in te gryp om seker te maak dat mense by die werk en skool kan kom met veilige, betroubare, bekostigbare en volhoubare vervoeropsies,” sê Mackenzie.

Joseph Mayson, regsbeampte by die aktivistegroep #UniteBehind, sê afwenteling van dienste gaan in een of ander stadium wel gebeur.

“Die departement van vervoer ontwikkel ʼn nasionale afwentelingsplan wat volgens die departement volgende jaar afgehandel sal wees. Dit is duidelik dat afwenteling sal plaasvind, die enigste vraag is wanneer,” sê Mayson.

“Daar was vordering op sommige lyne in Kaapstad en ons verwelkom dit. Twee‑derdes van die sentrale lyn is egter steeds buite werking. Baie treine word vertraag of loop glad nie. Stasies en die ou, geel treine is steeds onveilig. Prasa se bestuur, op nasionale vlak, is gebroke.

“Oor die afgelope dekade het dit gemiddeld 21% van sy eie prestasiedoelwitte bereik, terwyl dit verlede jaar 12,5% van sy doelwitte bereik het.

“Afwenteling na die laagste moontlike regeringsvlak word ingevolge die Grondwet, wetgewing en beleid vereis. Dit is die beste dat plaaslike openbare vervoer, insluitend treine, deur die plaaslike regering besit, bestuur en bedryf word. Aangesien die spoorlyn in die Wes-Kaap feitlik uitsluitlik binne die stad se jurisdiksie is, glo ons dat Prasa se pendelbates en -bedrywighede na die stad oorgedra moet word.”

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning hier gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bernard ·

Dus steeds sentrale beheer deur ‘n totaal onbevoegde regime. Sal eerder iets vernietig as aan bekwame mense toevertrou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Begin met ‘n onafhanklike nuwe treindiens. Nuwe tegnologie en roetes.

Sobymykoolkop ·

Hoe werk jy daai nuwe
” nuwe ” roetes uit? Daar is bestaandes. Jy kan nie net ander bou nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die bestaande roetes is nou permanente woonbuurte, soort van.

Johanncb ·

Weet die Minister waarvan sy praat, of was die besluit ‘n aanbeveling van haar adviseurs?

JvR ·

Ons het laat 70’s in Kaapstad gewoon. Selfs daardie tyd was hul spoorvervoer beter as die destydse Transvaal, wat reeds goed was. Ek neem aan Kaapstad het destyds self dit hanteer. Die stasie was skoon. Die restaurante was puik. Wonder wat het gebeur. O ja

JohanR ·

JvR – Ek het in die 70’s, 80’s en vroe 90’s lekker trein gery. Skoon, optyd en veilig. En toe kom die ANC!

JvR ·

Wel beplan. En nie deur die ANC. Hul het nie die brein kapasiteit om dit te doen nie

Sobymykoolkop ·

Van daai tyd tot ’94 is SAS&H ( Suid Afrikaanse spoorweë en Hawens) en daarna Spoornet deur bekwame mense gelei wat met passie en trots gewerk het ten spytr van die hongerlone wat hulle ontvang het. Daarna het die kaders gevat en die resultaat is duidelik.

piet ·

Hulle het seker ‘n nuwe trein gekry sodat die minister daarop kan ry want ek kan jou verseker die daaglikse treine op hierdie noordelike spoor lyk nie so nie en is in ‘n haglike toestand met sitplekke wat oopgesny is, deure wat nie kan oopmaak nie, vuil ens. Dis waar die wanpersepsies inkom. Hier was nou ‘n geleentheid om die minister te wys hoe dit werklik lyk maar nou rol hulle die rooitapyt uit. Wat help dit, verseker nie ten goede van die verbruiker nie.

Sobymykoolkop ·

Jy kan Soutrivier toe gaan Piet waar die voorstedelike treine nuut oorgedoen word. Nie ń week nadat dit gedoen is nie, word dit gevandaliseer dat dit lyk soos jy sê.

Goldy ·

Daarom begin die referendum en ander onderhandelinge vir onafhanklikheid, dis werklik julle enigste hoop vir oorlewing. Wanneer die noorde val gaan julle oorstroom word van ekonomiese vlugtelinge waarvan meeste ANC gaan stem, dan gaan julle ook val. So stem vir onafhanklikheid terwyl julle nog kan. Tyd raak min.

Shakespeare ·

Laat asb. die regering toe om hulle eie spoorstelsel op te voeter. Dis in lyn met alkes wat hulle aan raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.