Kaapstad-man beseer ná muur op hom val

muur-val-op-man-kaapstad-er24

Reddingswerkers op die toneel. Foto: ER24

ʼn Man is kritiek beseer nadat ʼn muur Donderdagmiddag by ʼn erf in Claremont, Kaapstad, op hom geval het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die 30-jarige man was steeds onder die puin vasgekeer toe reddingswerker by die toneel opgedaag het.

“Die metropolisie moes die gebied afsper sodat paramedici en reddingswerkers in ʼn veilige omgewing kon werk,” het Meiring gesê.

Die man is na die Vincent Pallotti-hospitaal geneem nadat hy bevry is.

Die oorsaak van die voorval is onbekend en word deur plaaslike owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leeutjie ·

Ai foeitog! Ek wonder of hy dalk besig was om die muur te bou? Die alternatief is dalk dat hy op die muur gesit het of oor probeer spring het. Miskien moet ‘n mens maar ‘n hek gebruik? Ek hoop die ou wie hy ookal is en wat hy ookal beoog het word gou gesond! Die owerhede ondersoek darem die saak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.