Kaapstad-man dalk ontvoer

brent-danford-ontvoerDie polisie ondersoek ʼn vermistepersone-saak nadat Brent Danford (29) van Kirstenhof in Kaapstad moontlik oor die naweek ontvoer is.

Volgens Dessie Rechner, die stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, is Danford Saterdag vir die laaste keer gesien toe hy iemand by Blue Route Mall gaan ontmoet het.

“Daar word vermoed dat hy en die persoon die winkelsentrum in ʼn wit Citi Golf met donker vensters verlaat het,” het Rechner gesê.

Hy het ʼn swart kortbroek, swart hemp en bruin tekkies aangehad toe hy vir die laaste keer gesien is. Hy het groen oë, kort hare en twee tatoeëermerke.

Rechner het die publiek versoek om plakkate met inligting oor Danford op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken.

Mense met inligting oor waar hy hom bevind, kan konst. Maliwa by 081 769 1956 of die Pink Ladies by 072 214 7439 skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.