Kaapstad-man het medikasie onwettig weggegooi

Argieffoto

Argieffoto

Die man het duisende tablette in Philippi in Kaapstad gestort, het die stad Woensdag gesê.

“Toe hy gekonfronteer is, het die verdagte aangedui dat dit nie die eerste keer is dat hy tablette en ander mediese afval daar stort nie,” het Jean-Pierre Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, in ʼn verklaring gesê.

Die man is omstreeks 10:30 opgemerk toe hy die medikasie in ʼn gat langs Ou Weltevredenweg gestort het. “Die maatskappy is bekend en blyk ʼn gewoonteoortreder te wees,” het Smith gesê. “Ek is seker daar is talle ander persone wat daagliks soortgelyke oortredings begaan, maar om mediese afval te stort is soveel erger weens die gesondheidsrisiko’s wat dit inhou en die blatante minagting van openbare gesondheid.”

In sommige gevalle is kinders al beseer of dood as gevolg van blootstelling aan mediese afval.

Ses boetes ter waarde van R30 000 en geskrewe kennisgewings is verlede Vrydag uitgereik vir die onwettige storting van afval in Philippi, Nyanga, Manenberg en Mitchells Plain. Smith het die publiek versoek om onwettige storting in hul buurte aan te meld en foto’s te neem indien moontlik. Hy kon nie dadelik bevestig of die man in hegtenis geneem of in watter hof hy sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Ek het nie geweet n stad kan praat nie, en ook kan konfronteer nie, seker bedoel n woordvoerder van die stad. Vra maar net?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.