Kaapstad-man soek ná voertuig verlate gevind is

Gideon Stephanus Perold

Gideon Stephanus Perold

Gideon Stephanus Perold, ʼn 59-jarige man van Durbanville in Kaapstad, word sedert 11 Junie vermis.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Vrydag aan Maroela Media gesê dat Perold vir die laaste keer deur sy buurman gesien is.

Hy het glo alleen gewoon en sy broer het ʼn saak van ‘n vermiste persoon by die polisie aanhangig gemaak nadat Perold se voertuig verlate naby ʼn woud aangetref is. “Sy voertuig, ʼn Toyota Corolla in Jip de Jager-weg gevind,” het Rechner gesê.

Rechner het die publiek versoek om pamflette met inligting oor Perold se verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken.

Mense met inligting oor waar Perold hom moontlik mag bevind, kan sers. Gerber by 021 970 3809 of 083 256 8708, of die Pink Ladies by 072 214 7439 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johanna Swart ·

Is daar al enige verdere nuus oor Giepie Perold wat lig op die saak werp!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.