Kaapstad-man vas oor meer as 200 rondes ammunisie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 44-jarige man van Kaapstad is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie meer as 200 rondes ammunisie in sy besit gevind het in sy woonstel in Ottery in Kaapstad.

“Lede van die Grassy Park-misdaadbekampingseenheid het inligting opgevolg en die woonstel in Leon Court in Ottery gaan deursoek,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het 100 lewendige 9mm.-, en 100 lewendige .38-rondes ammunisie gevind.”

Hy sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ammunisie.

“Die gemeenskap se samewerking met die polisie het weereens tot ʼn groot sukses gelei,” het Van Wyk bygevoeg. “Enigiemand met inligting oor vuurwapens, ammunisie, dwelmmiddels of enige kriminele aktiwiteit in hul omgewing word versoek om hul onderskeie polisiestasies te kontak of skakel Crime Stop by 08600 10111.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Fernando ·

Die opskrif is misleidend en skep die indruk dat enige iemand wat meer as 200 rondtes ammunisie besit dit dan onwettig doen. Wettiglik mag enige wapen eienaar ‘n maksimum van 200 rondtes in sy besit he vir elke vuurwapen wat hy besit. So as ek ‘n handwapen en ‘n jag geweer het kan ek tot 400 rondtes in totaal besit. Kan julle asseblief die opskrif verander om aan te toon dat hy ammunisie onwettig besit. Dankie

Tammy ·

Bere die man lank en sommer baie ver weg. Dit kon n ramp veroorsaak het as hy die ammunisie begin versprei het. So sterf onskuldige mense. Wil amper dink hy is n handelaar.

Jacques ·

Oscar Pretorius het dieselfde wet oortree en niks oorgekom nie

Steve ·

this article doesn’t say much… was the man licensed for each calibre?? if so he may have 200 of each in his possession and still be within the law… if not, well then sorry for him…

zahn ·

Help my asb, ek probeer uitvind, is dit rondes of rondtes? ek wil niemand aanval nie, maar my brein sê vir my dis eintlik verkeerd gespel. Asb, ek val die die artikel aan nie, ek wil net weet of ek reg lees hier?

fabio pitt ·

Dame, stem nie saam met jou verduideliking en die aangehaalde ‘link’ maak nie verwysing na rondte ‘bullet’ in Engels. Korrekte woord is wel RONDTE!

Pierre Celliers ·

fabio pitt,
Stem saam met jou, ‘n “Rondte” was nog nooit ‘n Ronde” nie!

Paplepel ·

Julle moet tog net verstaan, die rondtes is rond, dus rondes.

Marin ·

Ek het toe ek die berig reeds aan presies dieselfde gedink as wat Jacques gesê het. Oscar het dan onskuldig gekom op onwettige besit van ammunisie. Nou hoe nou.

Delia ·

Liewe hemel Marin en Jaques, moet Oscar altyd by alles ingesleep word? Bou ‘n brug en kom daaroor….dit word nou vervelig!

Marin ·

Ag shame Delia. Ja hy moet ingesleep word, want hy het die persepsie geskep. Ongelukkig so vir hom. Hoekom kan hy onskuldig kom, maar ander wat dalk nie die geld het om te betaal, moet maar boet.

scalla ·

Op die aansoekvorms van sap staan uitruklik rondtes beperk tot 200 per wapen.

zahn ·

Baie dankie julle. Ek is nou meer deurmekaar as ooit, maar nou ja, my Afrikaanse onderwyser in matriek (1981) sou vir seker met my saamgestem het. Rondtes. Dankie vir die terugvoering. Sou nogal lekker gewees het om so af en toe met so iets oor iemand te kon gesels. Ek is glad nie ‘n Taal Puris nie, ek meng en skep soos ek aangaan, Afrikaans is tog dinamies, maar partykeer steek sulke goed vas in my brein. Ek kan onthou, baie pak gekry op skool vir verkeerd spel!

Pendoring ·

Dis die ou probleem wat my taalonderwyser, Pa Blom, uitgewys het as luiheid. Ons spel perde, honde ens. maar ons sê pêrre en hônne. In hierdie geval is dit nou net omgedraai. Ons sê rondtes, maar ons skryf rondes. Hierdie is ‘n anglisisme: Rounds => Rondes.
“Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Grassie ·

Ek dink as ‘n mens as ‘n toegewyde jagter geklassifiseer is mag jy meer as 200 rondtes per gelisensieerde wapen aanhou.

Nicolaas van der Linde ·

Die opskrif is misleidend. Die artikel is ook swak geskryf. Doen bietjie beter navorsing voordat julle alle geloofwaardigheid verloor.

CHRISTA ·

Dankie tog, die Ottery-gemeenskap het ‘n groter boehaai gemaak oor onwettige wapenbesit as die spelling daarvan!!! HAHAHA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.