Kaapstad-man vas oor wapens

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 34-jarige man van Milnerton is in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die blitspatrollie en misdaadintelligensie het ʼn wenk ontvang oor ongelisensieerde vuurwapens by ʼn huis in Milnerton.

Volgens Van Wyk het beamptes op die huis in Sunset Beach toegeslaan en op vier aanvalsgewere, ʼn .38 Special-rewolwer en ammunisie beslag gelê. Van Wyk het gesê die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in Kaapstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Karel Seita ·

En ‘n windbuks is nou sommer ‘n aanvalsgeweer !!! Iemand is dom soos grond ….

Flow ·

Daar is meer as net n windbuks in daai foto maat! Kyk na die ammunise ook!

Nic ·

Nou is die SAPD vreeslik trots op die versamelstukke, wat skielik as gevaarlike wapens geklasifiseer word, wat hulle gevind het. Maar die werklik onwettige wapens in Khayelitsha en op die Vlakte kan hulle nie opspoor nie! Julle is flippen briljant, poelieste!

Vossie ·

Lyk na n ou .303 geweer en nog n jaggeweer asook n “striker” haelgeweer waarvoor mens wettig n lisensie kan bekom onder bepaalde voorwaardes. Ek sien geen aanvalsgeweer nie. Duidelik dat die term glad nie verstaan word nie

Ben ☺☺☺ ·

Wonder wie het hom verraai – mens hou jou mond as jy sulke goed het.

Lou ·

Daai lang geweer is ‘n ou Martini Henry. En die winbuks het geen lisensie nodig nie. Oordryf SAPS dit bietjie? Hoekom?

vermeende ·

Hierdie is wapens wat by ‘n blanke gekry is….hoekom??? Want daar word ‘n windbuks uit gestal as onwettige vuurwapen.
Het die SAPD regtig geen verstand nie. As hulle nie eers weet ‘n pelletgun het nie ‘n lisensie nodig nie hoe weet hulle dan watter wapens het lisensies nodig.
Regstellende aksie en kwotas!!!!!!

Brett ·

Wat se aanval was hy van plan om te loods met ‘n pellet?
2 ou 303s?

Waar is die kriminele nexus? Het hy die wapens gesteel? Hy het mos ‘n reg om eiendom te besit in terms van Artikel 25 van die Grondwet?

Kobus ·

Mense julle sal op jul rug val oor die kennis wat mense insluitend wetstoepassers het oor wapens. Skiet ver te kort….

Winston ·

Weinig polisie beamptes weet hoe om tussen reg en verkeerd en die reg (Wette)te onderskei. Elkeen pas toe soos hy wil en wanneer hy wil of lus het. Skandelik en onproffessioneel.

Chris Ras ·

Was dit n klopjag op n museum of wat? Het die sapd niks beter om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.