Kaapstad moet nóg minder water gebruik

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Stad Kaapstad doen ʼn beroep op inwoners om selfs nog meer water te bespaar terwyl die droogte voortduur.

Damvlakke is tans op 35,1% met bruikbare vlakke van 25,1%. Die huidige verbruik is 604 miljoen liter water per dag, dit is 104 miljoen liter hoër as die teiken van 500 miljoen liter.

“Kollektiewe verbruik moet minder as 500 miljoen liter water per dag wees om seker te maak Kaapstad het genoeg water vir die somer tot winter 2018,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en energie, gesê.

Vlak 5-waterbeperkings is reeds op 3 September 2017 ingestel. Die verbruik van maksimum 87 liter per dag per persoon en die algehele teiken van 500 miljoen liter water per dag bly van krag.

Alle bedrywe, insluitend huishoudelik en nywerheid, het die afgelope paar maande ʼn afname getoon in waterverbruik, buiten die handelsbedryf. “Waterverbruik het in dié bedryf toegeneem, daarom is daar ʼn fokus op dié bedryf in die vlak 5-beperkings.”

Limberg het gesê waterverbruikers moet verstaan dat die 87 liter per persoon per dag nie net van toepassing is op huishoudelike gebruik nie, maar ook by die werk. “Dis moontlik dat talle waterverbruikers hul waterverbruik by die huis beperk het, maar nou meer water by die werk of elders verbruik, soos om toilette te spoel of om by die gimnasium te stort.”

Volgens haar doen een uit twee inwoners alles in hul vermoë om water te bespaar, maar almal gee nie hul samewerking nie.

“Dis belangrik om te noem dat die duur en erns van hierdie droogte nie voorspel kon word nie. As ʼn stad bestuur ons die situasie met elke droogte-ingryping wat ons tans tot ons beskikking het. Ons het Kaapstad nog nie in die verlede in die steek gelaat nie en ons is ook nie van plan om dit nou te doen nie. Die inwoners moet saam met ons staan en ons ondersteun tydens hierdie moeilike tye.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jaco ·

dis mooi om so water te spaar, MAAR wanneer gaan die gedurige uitbreiding van woonbuurte en nywerheidsgebiede ophou? Alleenlik ‘n algehele STOP op immigrasie en nuwe nywerhede gaan help. Met te min water kan ‘n stad mos nie maar net uitbrei en uitbrei en uitbrei nie

Juffie ·

Ek stem saam met jou Jaco. En ek sê weer -al die “events” wat in Kaapstad gehou word moet ook eers gestop word, want mense kom van ander dele wasr daar nie water te kort is nie en gebruik die Stad se water. Stop alle groot byeenkomste -selfs rugby wedstryde – daar sien ek die spelers gooi sommer die water oor hulle koppe uit! Almal moet saamwerk!

Frederik ·

Jaco, jy stel dus voor dat ekonomiese groei in die Wes-Kaap stopgesit word. Persoonlik dink ek nie veel van die voorstel nie. Omtrent die helfte van die Wes-Kaap se grense bestaan uit seewater, en tog het ons nie genoeg water vir huishoudelike gebruik nie. Die Kaapstad munisipaliteit, asook die Provinsiale regering, moet vir die gemors verantwoordelik gehou word. Hulle was tog seer sekerlik bewus van die immigrasie na die Wes-Kaap toe, of slaap hul so lekker. Bou busbane & hophuise, maar nie ontsoutingsaanlegte nie.

John ·

Dit sal ophou as die ANC die Kaap oorvat. Almal word soontoe gepos om die DA uit te werk… maar dit verseker nie goeie reenval nie. Dit sal hulle nog agterkom.

Hanna ·

Laat die spul in die informele nedersettings ook vir water betaal, dan sal hul ophou mors met hierdie beperkte hulpbron. Elke tweede skepsel staan en was minibus taxis op straathoeke. Dit help veel die alreeds vuisvoos belastingbetaler probeer water bespaar… En ons rekeninge bly maar dieselfde.

snoefie ·

dit mag dalk gevoeloos voor kom maar…. hou op gratis huise bou. gebruik die kosbare grond en bou damme. laat almal betaal vir wat hulle gebruik en besparing is gewaarborg.

snoefie ·

hou op om gratis huise te bou en gebruik eerder die grond om damme te bou. laat almal betaal vir wat hulle gebruik dan gaan julle besparing sien.

Leahim ·

Die DA is dan so goed in bestuur hoe het die water krisis hulle so onkant gevang of was hulle te besig om straatname te vervang of vir Zille te muilband.

John ·

Orals in die land gaan dit so: Mense hol met plastiekhouers na tenks en waterwinkels en ry verby stink lekkende troebelwaters wat later weer in riviere uitmond. Ons bou damme in Lesotho en hulle word die baas daarvan. Afrika hou van krisisbestuur waar die VO se kospakkies reen, maar daar hou dit op. Na grootsuip kom nadors. Ons sal aan beter planne moet begin dink om ons dors te les as blote inperkings. Maar slim ingenieurs mag mos nie betrokke raak nie, nee kaders se nefies en en moet mos die poste vul. En so van mos gepraat… die mos gaan skaars en duur word. Groot chaos wag want ‘n dors mens luister nie na politieke wysneusighede nie… en dan praat ek nie eens van diere nie…

PATTY ·

Ons water te kort is regtig ‘n groot kopseer nie net vir die regering nie maar vir ons as verbruikers ook. Jy spaar waar jy kan maar ek voel ook dat die regering alle nuwe bouery eers moet op HOLD sit vir tenminste 12 maande of totdat hul ander alternatiewe planne het om water te verkry. Wat help dit dat hierdie nuwe uitbreiding voortgaan maar daar is nie water vir die inwoners om te gebruik nie.

Karma ·

@Willem Grobler – nee, ‘n Afrikaner volkstaat is nie allerweë die oplossing nie. Wat wel ‘n oplossing is, is om deportasie van onwettige immigrante 110% toe te laat neem en die bewaking en patroleering van ons land se grense te herinstel. So ook om grensposte deur BETROUBARE, ONOMKOOPBARE weermaglede te bewerkstellig. Sodra ons die sowat 60m ‘asiel-soekers’/’vlugtelinge’/’wettige immigrante’ uit SA het, sal daar weer genoeg wees vir alle gebore-Suid-Afrikaners. Sodra al hierdie volksvreemdelinge (en hul aanhegsels en nasate) uit SA is, sal daar meer geld wees vir ‘social grants’ vir mense wat dit regtig verdien en sal staatshospitale se dienste verbeter en daar meer geld wees vir seewater-ontsoutingsaanlegte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.