Kaapstad nader waterbesparingsteiken, maar…

Wemmershoekdam in Desember 2016. Foto: Stad Kaapstad

Wemmershoekdam in Desember 2016. Foto: Stad Kaapstad

Die stad Kaapstad het gesê die jongste waterverbruikstatistiek dui op ʼn daling in waterverbruik oor die afgelope week, maar baie werk lê nog voor, terwyl damvlakke gedaal het.

Die algemene daaglikse verbruik, in die week van 19 tot 25 Desember, was 835 miljoen liter teenoor die teiken van 800 miljoen liter. Die stad het in ʼn verklaring gesê dit was die laagste algemene verbruik vandat vlak 3-waterbeperkings in November ingestel is.

“Indien inwoners hul waterverbruik op 800 miljoen liters ʼn dag kan hou, sal die stad se watervoorraad voldoende wees tot die volgende reënseisoen,” lui die verklaring.

Die stad het egter bygevoeg die gekombineerde omliggende damvlakke het met ʼn verdere 1.6% gedaal en staan nou op 48.1%.

Die stad het weer ʼn beroep op inwoners en besoekers gedoen om water spaarsamig te gebruik en by die beperkings te hou.

Verbruikers word aangemoedig om die webbladsy Think Water te besoek vir handige wenke.

Enige oortredings kan aangemeld word by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Yster ·

Frikkie. Weet jy nie. Dis net voor vierwaterskloofdam en na tweewaterskloofdam. Hy is nie baie groot nie maar daar’s water in.En n paar visse.

Watterdam ·

Seker tussen Tweewaterskloofdam en Vierwaterskloofdam, nie ver hiervandaan. :-)

Braam Maree ·

Dit is Theewaterskloof naby Villiersdorp. Nie een, twee en driewaterskloof nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.