Kaapstad: Nog geen voorvalle weens swaar reën

Swaar reën het Donderdag oor die droogtegeteisterde Kaapstad uitgesak (Foto: Cindy Waxa/ANA)

Terwyl swaar reën Donderdag oor die droogtegeteisterde Kaapstad uitgesak het, het inwoners van dié stad hulle begin voorberei op moontlike oorstromings later die aand terwyl selfs nóg swaarder reën verwag word.

Die Stad Kaapstad het Donderdagoggend gesê nog geen voorvalle is by die stad se rampbestuursentrum aangemeld nie.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Kaapstad se rampbestuursentrum Woensdag in kennis gestel van swaar reën wat Donderdag verwag word. Volgens die weerdiens kan stedelike gebiede moontlik skade weens kitsvloede beleef. Charlotte Powell, woordvoerder van die rampbestuursentrum, het gesê veral informele nedersettings, paaie en laagliggende dele asook brûe loop die risiko van oorstromings.

Die Stad Kaapstad het gesê nooddiens- en rampbestuurspanne is deur die loop van Donderdag op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas indien enige voorvalle aangemeld word.

Lede van die publiek word versoek om voorvalle by die rampbestuursentrum aan te meld deur die sentrum by 021 480 7700 te bel.

Daar is nog nie aanduiding presies hoeveel dit in die stad gereën het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Muffin ·

Lekker kekker ree. Baie dankbaar vir die Kaap. Hoop die opgaar damme word ook gevoed.

Jay ·

Wie onthou die goeie ou dae toe die kaap bekend was vir slegte weer. Altyd gereen en was mistig. Die water is brood nodig.

marous ·

Hoop hulle berei net so hard voor om kerk toe te gaan ….

Nettie ·

@marous – moet jy nou weer aweregs wees?

Mens het nie nodig om kerk toe te gaan om die Here te dank vir die reën wat geval het nie; jy kan sommer net-so daar waar jy sit en werk of dalk in die reën bestuur, vir die Here dankie sê vir die wonderlike reën.

Dankie, Here, vir U seën en die kosbare reën wat U gestuur het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.