Kaapstad-ouma vier 106de verjaarsdag

Caroline Felix (Foto verskaf)

Kaapstad se burgemeester het Dinsdag Soutrivier se oudste inwoner gelukgewens met haar 106de verjaarsdag.

Burgemeester Dan Plato het sy gelukwense oorgedra aan Caroline Felix wat in 1914 gebore is. Sy het twee wêreldoorloë oorleef en talle ander mylpale behaal.

Caroline woon al 80 jaar lank in dieselfde huis in Soutrivier en het haar 10 kinders hier grootgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.