Kaapstad-paaie gesluit vir Tweede Nuwejaarsdag

Die Kaapse Klopse tydens 2014 se parade. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Die Kaapse Klopse tydens 2014 se parade. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Talle paaie word Saterdag in Kaapstad se middestad gesluit tussen 08:00 en 23:59 vir die optog tydens die Tweede Nuwejaarsdagvieringe.

“Hierdie jaarlikse gebeurtenis is deel van die kulturele raamwerk van ons stad en is uniek aan en sinoniem met Kaapstad,” het Garreth Bloor, burgemeesterskomiteelid vir toerisme, gesê. “Inwoners en besoekers van dwarsoor die wêreld, ongeag hul kulturele agtergrond, kom kyk na die helderkleurige uitrustings, en beleef die atmosfeer en gees van die groepe wat deelneem.”

Motoriste word gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Klik hier om te sien watter paaie gesluit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.