Kaapstad-pad gesluit oor veldbrand

Foto: Stad Kaapstad

Foto: Stad Kaapstad

Die N2 in Kaapstad is tussen Baden Powell en Spineweg gesluit weens ʼn veldbrand, het die stad Kaapstad se veiligheids- en sekuriteitsdirektoraat Sondagmiddag gesê.

Richard Coleman, woordvoerder, het gesê ʼn veldbrand by Wolfgat-natuurreservaat veroorsaak swak sigbaarheid op die snelweg.

Brandbestryders is op die toneel.

Voertuie word vir veiligheidsredes herlei. Coleman het kort ná 14:00 gesê daar is nog nie verkeersopeenhopings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Werklik ‘n goeie stap. Daar is diegene wat net volspoed in die rook inry en DÁN skielik té laat besef wat aangaan. Dis vir hierdie 3D’s (dom, dik en difficult) waarvoor dit gedoen moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.