Kaapstad-pedo ook in Aus gesoek

Argieffoto

Argieffoto

Anthony Peter Freedendal, ʼn 76-jarige veroordeelde pedofiel wat tronkstraf in Kaapstad uitdien, se parool is gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het hy word in sy tuisland, Australië, gesoek op grond van verskeie aanklagte van seksuele misdrywe met kinders.

Freedendal het in 2015 in Suid-Afrika skuldig gepleit op 15 aanklagte van seksuele aanranding op agt kinders, waaronder drie seuns en vyf meisies, by sy woning in Seepunt in Kaapstad. Hy het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot vyf jaar tronkstraf in die Pollsmoor-gevangenis gevonnis.

Hy kon in aanmerking kom vir parool nadat hy minstens ʼn sesde van sy vonnis uitgedien het. Hy was veronderstel om vroeër vandeesmaand op parool vrygelaat te word, maar ʼn stokkie is daarvoor gesteek nadat dit aan die lig gekom het dat hy deur Australiese owerhede gesoek word vir beweerde seksuele misdrywe met kinders.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het gesê beamptes van Interpol het Freedendal in die gevangenis gedagvaar om in die hof te verskyn ná ʼn versoek van die Australiese owerhede.

“Dit het aan die lig gekom dat hy in Australië tereg staan op 15 aanklagte van onsedelike aanranding, vyf aanklagte van aanhoudende seksuele teistering van ʼn kind en vier van seksuele omgang met ʼn minderjarige,” het Netshiunda gesê.

Netshiunda het gesê Freedendal is op 2011 op borgtog vrygelaat in sy tuisland, waarna hy na Kaapstad gereis het om in Seepunt te skuil. “Hy het nooit na sy tuisland teruggekeer om verhoor te word nie, maar sy sondes het hom in Kaapstad ingehaal toe hy in 2014 hier ook in hegtenis geneem is en ʼn jaar later skuldig bevind en gevonnis is.”

Freedendal het verlede Donderdag in die Wynburg-landdrsohof verskyn waarna sy saak tot 4 Oktober uitgestel vir die verwerking van amptelike dokumentasie vir sy uitlewering aan Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

En so krimp my vertroue in die basiese vermoe van die.polisie by die dag. Behalwe natuurlik wanneer dit by politieke gedrewe snert kom. Dan dans die poppe dag en nag om hulle pupppetmasters tevrede te stel.

Oosie ·

Hoe gebeur dit dat ‘n buitelander in S.A. gevang, verhoor en gevonnis word sonder dat daar met sy tuisland oorleg gepleeg word van dag een af?

Kiepie ·

Hoe het die man dit in die eerste plek reg gekry om Australië te verlaat terwyl hy op borgtog uit was en nog verhoorafwagtend? Skort die land dan nie beskuldigdes se paskoorte op nie? Lyk my dinge is ook maar nie altyd so effektief daar soos wat dit altyd voorgehou word nie.

En aan ons kant van die water, hoe het hy ‘n visum gekry om die SA binne te kom? Word daar nie ‘n agtergrondondersoek gedoen tydens so ‘n aansoek nie?

Grootoog geskok ·

Hoe het hy die land binne gekom en binne gebly – jy as eerlike Suid-Afrikaner moet in lang rye staan vir lank met klomp onnodige stres om jou id / paspoort etc te kry – reg te kry. Jy kan niks doen – geen werk, geen besigheid sonder dit nie. Hoe kry ‘n Australier dit reg om hier weg te kruip????

Cherokee ·

Jy vra en dan antwoord jy jouself: as jy ‘n earlike Suid Afrikaner is moet jy in lang rye staan. Hy is eerstens nie ‘n Suid Afrikaner nie en klaarblyklik is daar vrae oor sy eerlikheid ook.

Piet ·

En so delete maroela media kort- kort kommentaar. n Pedofiel sit slegs 10maande in die tronk, n mens maak kapsie, en jou kommentaar word delete. Ek hoop hulle delete dit vanwee my vrot spelling, want as dit sou wees dat hulle dink 5jaar straf waarvan 1/6 uigedien moet word is genoeg dan slaan ek my hande saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.