Kaapstad-pendelaars gestrand gelaat

Metrorail (Foto: ANA)

Treindienste op die sentrale lyn in Kaapstad was Maandagmiddag steeds opgeskort terwyl infrastruktuur herstel word ná vandale toegeslaan het, het Metrorail gesê.

Pendelaars wat weeklikse en maandelikse Metrorail-kaartjies het en na gebiede soos onder meer Langa, Bishop Lavis, Mitchells Plain en Khayelitsha moet reis, is aangemoedig om ná 18:30 van Golden Arrow-busse gebruik te maak.

Richard Walker, streeksbestuurder van Metrorail, het gesê tegniese spanne doen herstelwerk “met gewapende bystand”, maar hy is besorg dat vandale weer kan toeslaan. “Ons spanne op die perseel het bevestig dat hulle dopgehou word terwyl hulle werk.”

Hy het die polisie versoek om hulle by te staan sodat dienste op die sentrale lyn Dinsdag weer kan hervat. “Ons is in gesprek met die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens hoe om die toenemende aggressiewe en verwoestende aanvalle op die infrastruktuur kan hanteer.”

Walker het die pendelaars om verskoning gevra. Hy het hulle terselfdertyd versoek “om te help om spoorwegbates te beskerm deur kriminele aktiwiteit aan te meld”. “Tensy belanghebbendes en die gemeenskappe saamstaan teen misdaad, sal die spoorwegstelsel waarskynlik steeds geteiken word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJC ·

Anargie in die ergste graad. Hoe gaan ons mooi land gered word van hierdie glybaan waarop hy nou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.