Kaapstad-polisie skiet gewapende rowers

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Kaapstad het Vrydag drie gewapende rowers by ʼn algemene handelaar in Epping doodgeskiet.

“Ses mans het probeer om die perseel te bestorm toe die polisie ingegryp het,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gese. “Drie van die rowers is doodgeskiet, een is gewond en gehospitaliseer en twee is in hegtenis geneem.”

Van Wyk het gesê die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en vier motorvoertuie wat tydens die misdaad gebruik is.

“Niemand anders is beseer nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fourie ·

Uitstekende werk SAPD, dis reg, take NO PRISONERS, skiet die vuilgoed. Arresteer jy hulle, kom hulle maar weer uit en gaan roof en moor – Weereens, uitstekende werk SAPD!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.