Kaapstad-polisie trek 335 vas

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Kaapstad het die afgelope week 335 verdagtes onder leiding van genl.maj. Robbie Robberts in die omgewing van Nyanga in hegtenis geneem.

Die polisie het op vyf vuurwapens in Nyanga, Manenberg, Landsdowne en Athlone beslag gelê en ses verdagtes is aangekeer.

Verskeie van die ander verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat moord, poging tot moord, gewapende roof, besigheidsroof, huisroof, kaping, seksuele misdrywe, misdaad teen vroue en kinders, die besit van dagga, handel in drank, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie insluit.

Die polisie het beslag gelê op tien gesteelde voertuie in Phillipi-Oos, Manenberg, Nyanga, Guguletu en Athlone en 26 verdagtes is in hegtenis geneem. Daar is ʼn totaal van 77 huise deursoek vir dwelms en 248 verdagtes is tydens dié operasie in hegtenis geneem. Die polisie het ook 17 verdagtes in hegtenis geneem tydens klopjagte op kuierplekke en spaza-winkels.

Daar is verder 55 verkeersboetes met ʼn totale waarde van R37 600 uitgereik.

Die polisie het op sowat 785 liter alkohol, 131 g heroïen, 256 g tik, 1 175 Mandrax-tablette en 6,5 kg dagga beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

My mening ·

Ek sê die nuwe bevelvoerder van Nyanga polisie-stasie verdien erkenning vir wat hy probeer doen in daardie area!!! Hou so aan goeie mense, moet nie dat die slegtes julle beinvloed in die goeie werk wat julle probeer doen nie!!

pop ·

Daar is baie goeie mense ook in die polisie. Wel gedaan mense!!!!

Johan ·

Hoop net nie hy word binnekort verplaas nie.Mos wat deesdae gebeur met iemand wat sy werk op die regte manier doen.

Ansie ·

Uitstekende werk genl. maj. Robberts en kollegas! Baie dankie vir julle harde werk. Mag God julle beskerm.

CHRISTA ·

Kan maj. Robberts nie ons polisiemanne oplei nie? So kan sy modus operandi wat vrugte afwerp aan hulle oorgedra word. Ek dink dit sal ons polisiediens 100% verbeter!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.