Kaapstad-polisiebeampte vas oor omkopery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige polisiebeampte van Kaapstad is in hegtenis geneem op aanklag van uitbuiting en korrupsie nadat hy aan ʼn verdagte in ʼn huishoudelikegeweld-voorval gesê het hy kan die “probleem oplos” in ruil vir geld.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte het op 1 Junie by Nyanga-polisiestasie ʼn klag van huishoudelike geweld hanteer.

“Die verdagte is nie in hegtenis geneem nie, maar die polisiebeampte het aan hom gesê hy kan die saak vir die persoon oplos en het geld as betaling geëis,” het Van Wyk gesê. “Hy het glo op dieselfde dag R500 ontvang. Die beampte het op 8 Junie die verdagte in hegtenis geneem, maar nie sy besonderhede in die SAPD-register opgeteken nie. Hy het ʼn verdere R2 000 geëis waarna hy die man vrygelaat het.”

Die verdagte het nie die volle bedrag by hom gehad nie, maar het onderneem om later die geld te betaal. “Die man het die saak by die direktoraat vir voorkeurmisdaadondersoeke aangemeld.”

ʼn Lokval is gestel vir die polisiebeampte sodat hy die man Vrydag by die polisiestasie moes ontmoet. “Die 37-jarige beampte is dadelik in hegtenis geneem en hy by in aanhouding. Hy sal binnekort in die hof verskyn.”

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om alle sake van korrupsie en uitbuiting aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Peet, wat ek wil sê is: Hoekom word daar nie ook vir ons korrupte ministers en hulle assisstente ‘n lokval gestel sodat hulle ook so gevang kan word nie.

tina ·

Nee-wat….ek dink die ordentlike polisiemanne wat oor is, is ‘so skaars soos hoendertande’…pas ‘sting operations’ toe, by elke polisiestasie in die land…hulle moet.nie weet waar, wanneer en watter dag. Sal ek nou moet wonder oor elke polisielid ,sou daar in die toekoms ‘n saak wees? ‘n Mens moet al.klaar ‘duck n.dive’ vir misdadigers!!

Piet ·

Peet as mens niks sê nie beteken dit jy bly stil dit sluit skryf ook in

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.