Kaapstad-polisielid se ‘selfmoordpoging’ ondersoek

Die ongeluk op die N1 naby Durbanweg op 13 April 2015 in Kaapstad Foto: @davidvfrost, Twitter

Die ongeluk op die N1 naby Durbanweg op 13 April 2015 in Kaapstad Foto: @davidvfrost, Twitter

Die polisie in Kaapstad het Dinsdag gesê hulle ondersoek bewerings dat een van hul kollegas probeer het om selfmoord te pleeg toe hy op die N1 met sy motor voor aankomende verkeer ingery het.

“Die saak word ondersoek,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, aan News24 gesê.

Die polisiebeampte het Maandagmiddag in Durbanweg gery toe hy, in plaas daarvan om die afrit na die N1 te neem, die afrit geneem het en reg voor die aankomende verkeer beland het. Hy het ʼn vragmotor en nog ʼn voertuig getref. Twee persone is in die ongeluk beseer.

“Twee sake van poging tot moord word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Die polisiebeampte, wat nie in daardie stadium aan diens was nie, het kopbeserings opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem.

Bron: Naledi Shange, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.