Kaapstad-polisieman doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 37-jarige polisiebeampte is Donderdagaand tydens ʼn ondersoek in Kaapstad doodgeskiet.

Dan Plato, LUR van die departement van gemeenskapveiligheid, het Vrydag gesê die beampte, wat by die Lingelethu-Wes-polisiestasie in Khayelitsha gestasioneer was, is tydens ʼn ondersoek in Khayelitsha geskiet. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ʼn Verdagte is reeds in verband met sy moord in hegtenis geneem. “Ek vertrou dat die wet sy pad sal loop en dat geregtigheid sal geskied,” het Plato bygevoeg.

Plato het sy medelye aan die beampte se familie, vriende en kollegas betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.