Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord nadat ʼn polisiebeampte van die bende- en dwelmeenheid se bejaarde ma vermoor en sy 44-jarige broer geskiet en gewond is.
Konst. Lutfie Eksteen se 71-jarige ma en sy broer is Maandagaand tydens ʼn aanval in Manenberg, Kaapstad, geskiet.
Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.
Dan Plato, die Wes-Kaapse LUR van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag in ʼn verklaring ʼn beroep op die Manenberg-gemeenskap gedoen om saam met die polisie te werk om die aanvallers aan te keer. “Ons kan nie toelaat dat so ʼn gruwelike aanval die polisie verhinder om teen gewetenlose misdadigers, moordenaars, bende- of dwelmbase op te tree nie,” het Plato gesê.
Plato het sy medelye aan Eksteen en sy familie, kollegas en vriende uitgespreek.
Dis skokkend. Die mense het nou heeltemal mal geword……………….