Kaapstad-polisiemanne vas oor poging tot moord, dwelmmiddels

(Foto: SA Polisie)

ʼn Konstabel en ʼn sersant sal na verwagting Maandag in twee afsonderlike howe in Kaapstad verskyn ná hulle op verskillende aanklagte in hegtenis geneem is.

Die 26-jarige konstabel van Kleinvlei-polisiestasie is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn vrou in 2020 geskiet het, ʼn staatsvoertuig sonder toestemming bestuur het en intimidasie van ʼn polisiebeampte, het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy sal in die Blue Downs-hof verskyn.

ʼn 31-jarige sersant van Elsiesrivier-polisie is Vrydag by sy huis in Belhar in hegtenis geneem op aanklag dat hy dwelmmiddels aan gevangenes in die hof en polisieselle verskaf het. Hy sal in die hof in Goodwood-verskyn.

Potelwa het gesê die inhegtenisnemings is deel van pogings om korrupte elemente in die SAPD uit te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoedeman jou mense man! Kry jy nie skaam nie?

Waar is die goeie ou dae met ons ou koevoete en die ou kommando’s? Nuwe “wanna be rambo’s” werk nie vir ons nie

KB ·

En DIS nou die mense wat Jan Publiek moet beskerm?!
En hulle regering wil Jan Publiek ontwapen?
Cele maak (op sy beste) homself aandadig tot kriminele aksies.

Persheks Adri ·

Die ergste is dat hulle ons nie eers kan beskerm nie ons moet dit self doen en dan wil hoed ons ontwapen pffft

Mariana ·

Daar sal aandag gegee moet word aan die aanstellings by SAPS.

Mieke ·

Ek kan jou nou al sê dat dit nie gaan gebeur nie. ANC sorg goed vir hulle people!!

TheSnake ·

Op die trant gaan daar een van die dae nie meer polisie wees. Die polisie vang die polisie terwyl die kriminele seevier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.