Kaapstad prokureur in hof oor diefstal van R6 m.

Argieffoto

Argieffoto

Anthony Peter Reynolds (52), ʼn prokureur wat glo miljoene uit ʼn trustrekening gesteel het, het Dinsdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn.

Reynolds, van Airlie Place in Constantia, is nog nie gevra om te pleit toe hy voor landdros Sabrina Sonnenberg in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn het nie.

Die saak is tot 1 September uitgestel om Reynolds se prokureur, William King, die geleentheid te bied om videomateriaal te bestudeer wat tydens die saak aan die hof voorgehou sal word.

Volgens die klagstaat is Reynolds in 1995 toegelaat as prokureur en het as professionele assistent begin praktiseer. Hy het agt jaar later sy eie praktyk, Roup Reynolds en Vennote, oopgemaak.

Hy staan tereg op een aanklag van diefstal ter waarde van R6 miljoen, drie aanklagte van bedrog en een wat verband hou met sy beweerde versuim om behoorlik boek te hou, soos die Wet op Prokureurs vereis.

Twee van die aanklagte van bedrog hou verband met tjeks wat glo op sy trustrekening uitgereik is, en volgens staatsaanklaer Juan Agulhas hou die derde aanklag verband met ʼn bewering dat Reynolds ʼn voornemende koper valslik ingelig het oor ʼn eiendom in Constantia.

Hy moet op 1 September weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louis ·

`n Prokureur wat `n prokureur aanstel om hom te verdedig ??????
Dit sê nogal iets !!

Meraai ·

Waar gaan ons wereld heen. Wolf in skaapwagter klere of hoe!!

pop ·

Daars nie verniet so baie grappe oor prokureurs nie. Hoet my pa gese “Prokerower”Dee dit se dat hy homself mos kan verdedig. Dan kos dit hom ook niks.

Dee ·

Pop, hy klink nie baie slim nie want hy moes mos geweet het dat hy nie bloot kan inpalm dit wat aan sy sorg toevertrou is, nie. Hy hèt dus slimmer hulp nodig.

Martin ·

Dit is nie so erg nie. Zuma het dan 250 miljoen gevat en bedrieg ons elke dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.