Kaapstad reg om te help ná agterstand by Durban-hawe

Kaapstad-hawe (Foto: Transnet)

Die hawe in Kaapstad is ten volle in bedryf, met geen agterstande of personeeltekorte nie, en staan reg om ander vragskepe te help.

Die DA het Donderdag ʼn beroep op belanghebbendes in die vragskeepbedryf gedoen om op hoogte te bly van die Kaapstad-hawe se beskikbare kapasiteit.

“Dit kan help om die logistieke krisis wat hom tans by die hawe in Durban afspeel, op te los,” het Cayla Murray, die DA se woordvoerder vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, gesê.

Maroela Media het vroeër berig oor probleme by die Durbanse hawe. Voortdurende vertragings het ʼn ernstige agterstand by dié hawe – die land se grootste – veroorsaak en is besig om die Suid-Afrikaanse logistieke stelsel in chaos te dompel.

“Hierdie krisis kos die land se ekonomie miljarde rand en kan ook onherstelbare skade aanrig aan ons reputasie as ʼn land waar skepe internasionaal kan aandoen,” sê Murray.

Die Kaapstad-hawe daarteenoor het alle agterstande ingehaal en teen Woensdag was daar geen geankerde skepe in die hawe nie.

Volgens Murray het Transnet bekend gemaak dat die hawe tot stilstand gekom het. “Die Kaapstad-hawe het nie ʼn enkele vragskip gister aan anker gehad of enige vraghouers verskuif nie,” sê Murray.

“Dit is nie die ideaal om skepe na Kaapstad te verwys nie, maar die alternatief om 60 000 vraghouers op see gestrand te laat, is veel erger,” sê Murray.

Dit is vir die DA onaanvaarbaar dat die hawe by Kaapstad leeg staan terwyl dit ingespan kan word om te help.

“Die nasionale logistieke krisiskomitee moet alles moontlik doen om soveel as moontlik skepe na Kaapstad te herlei. Die feit dat die hawe gister stilgestaan het, is in die huidige krisis [by die Durban-hawe] onaanvaarbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

electricmango ·

Nog n tipiese dag in afrika, noudat die durban hawe nie die druk kan hanteer nie staan hulle bakhand voor die kaap. Die kaap is op die oomblik afrika se laaste hoop. Bid maar net dat die anc uit die kaap gehou kan word. Rampies jou kaders in durban het hulp nodig, maar betaal maar eers vir jou postertjies dan kyk jy wat in durban fout gegaan het….

Manie ·

Daar was vanoggend ‘n insiggewende gesprek op radio oor die kwessie. In die Wes-Kaap het uitvoerders in samewerking met die privaatsektor planne in werking gestel om die probleem te oorkom. Vroeër in die week, reken die minister in die presidensie dat die privaatsektor besig is om die ekonomie te kaap. In gister se koerant word daar stellings gemaak dat ene minister wat verantwoordelik is vir staats instansies die grootste struikelblok is en die groot oorsaak is hoekom staats instansies vou. Stadig maar seker raak die prentjie kristal helder.

Andre ·

…kyk maar net wie is aan die stuur in die betrokke provinsie, dan weet jy hoekom werk iets ,of dis ‘n gemors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.