Kaapstad sal miljoene spandeer aan biblioteke

Argieffoto (Pixabay)

Die Stad Kaapstad het Woensdag gesê hy is van voornemens om die huidige finansiële jaar meer as R40 miljoen te spandeer aan instandhoudingswerk en opgraderings by biblioteke in die stad.

Die Stad het in ʼn verklaring gesê sy biblioteek- en inligtingsdiens (LIS) beplan om meer as R43 miljoen te spandeer aan opgraderingswerk, die voltooiing van die Dunoon-biblioteek, nuwe Wi-Fi-verbindings, dienste en die aanskaf van leesmateriaal.

LIS sal ongeveer R18,5 miljoen spandeer aan boeke, tydskrifte, koerante en e-hulpbronne om seker te maak dat die stad se biblioteke leesmateriaal het wat gebruikers sal aantrek. Ander stadsbiblioteke sal R7,7 miljoen ontvang vir proaktiewe instandhouding.

“In ʼn tegnologiese en digitale era word die Stad gereeld gevra waarom ons geld aan opgradering en instandhouding van dié plekke spandeer,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, gesê. “Biblioteke was nog altyd die hart van gemeenskappe. Dit moet ʼn toeganklike en veilige ruimte wees en toegang bied tot inligting en kennis. Staatsbiblioteke is ʼn noodsaaklike deel om die bevolking op te lei en te leer. Inligting is noodsaaklik om te oorleef en te floreer. Die Stad moet seker maak dat alle inwoners toegang het tot noodsaaklike inligting oor gesondheid, veiligheid, voeding en staatsdienste. Biblioteke moet ook geleenthede bied om geletterdheid te bevorder en vaardighede aan te leer vir indiensneming.”

ʼn Nuwe biblioteekbestuurstelsel, Symphony, is ook onlangs in werking gestel om dienslewering te verbeter.

Vishoek-biblioteek, Kraaifontein-biblioteek, PD Paulse-biblioteek in Kuilsrivier en Goodwood-biblioteek is van die biblioteke wat opgeknap sal word. Buiten Goodwood sal die opgraderings na verwagting vroeg in Desember afgehandel wees. Opgraderings by Meadowridge-biblioteek sal in Februarie 2018 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Phillip ·

Plaas hulle dit aan die opbou van opgaar damme spandeer wat noodsaaklik is vir die mensdom maar kan mos nie boeke dink nie ek sou eerder die dame hoor maak vir meer kappiesietyd

Blommie ·

Presies…
Gaan beslis n gat in die sak koop!
Daar is geen meer waardes of RESPEK vir so n instansie nie.

christa ·

en wie gaan lees? Wanneer gaan daar dan tyd wees vir moord en verwoesting? Hulle kan nie eers spel nie, wat nog te se lees. Niemand lees as hy nie op skool leer om te spel en lees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.