Kaapstad se beurtkrag “rassisties”

kersKaapstad se beurtkragskedule het “sterk rassistiese ondertone”, het Cosatu Maandag gesê.

Tony Ehrenreich, hoofsekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, het gesê “bevoordeelde buurte” word nie tydens spitstye deur beurtkrag getref nie terwyl armer buurte tydens “ongeleë tye” beurtkrag ervaar.

Priya Reddy, woordvoerder van die stad, het intussen gesê die beurtkragskedule word met Eskom gekoördineer en dat alle areas geraak word. “Die Stad Kaapstad verwerp enige bewering dat beurtkrag volgens die rassesamestelling van sekere areas geskied,” het sy gesê.

“Ons sal in die komende weke die beurtkragskedule skommel sodat verskillende areas op ander tye as die huidige skedule beurtkrag ervaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Chivago ·

Hoe belaglik! Net mooi alles kry ‘n rassistiese ondertoon. My huishulp se baba is gister gebore – en hy is swart! Hoe rassisties van hom…………

Elizabeth ·

Chivago – haha, ek het 2 swart honde en ‘n swart kat – dink jy dis dalk ook op ‘n manier rassisties??

Derick ·

@Elizabeth. Ek dink dat regstellenda aksie sal moet plaasvind in jou huis.

Conrad ·

Elizabeth, jy gebruik die verkeerde kodes… dit is twee ‘Bravo’ honde en ‘n ‘Bravo’ kat.

Elizabeth ·

Conrad en Derick – julle het nou my Maandag geMAAK! Ek sal moet oplet na my taalgebruik en diere, netnou kom wiks een of ander kader my oor my “rassisme”!

Paul ·

Die “spitstye” is sekerlik die tydgleuwe van 06:00 tot 08:30 in die oggend en van 18:00 tot 20:30 in die aand.
Kyk mens daarna vir Kaapstad vir die oggende, is dit Bellville, Langa, Philippi, Durbanville, Atlantis, Somerset-Wes en Constantia wat geraak word tydens vlak 1 en 2 van beurtkrag. Slegs drie uit die sewe is gebiede waar meestal bruin en swart mense woon.
Vir die aand is dit: Stadskern, Observatory, Mitchell’s Plein, Manenberg, Bellville en Langa. Slegs die helfte van die plekke is gebiede waar meestal bruin en swart mense woon.

Ek kon dit binne tien minute vasstel, so wys jou net hoe onbeholpe is daardie woordvoerder… Die feite moet seker nie ‘n goeie rassestorie bederf nie.

deon terblanche ·

Tony Ehrenreich lei aan ‘n verskriklike minderwaardigheidskompleks. Kry vir hom hulp!

Paul ·

Ek sien Ehrenreich verwys spesifiek na Constantia en na tye waarin mense wil kosmaak.
Kom laat ons sien:

Constantia se krag is af van 06:00 tot 08:30 (tyd om ontbyt te maak) in die oggende op Vrydae, Saterdae en Sondae.
Dis ook af van 10:00 tot 12:30 (tyd om middagete te maak) in die middag op Maandae en Dinsdae.
Ook af van 16:00 tot 18:30 (tyd om aandete te maak) op Woensdae en Donderdae.

Kyk mens na Mitchell’s Plein as ‘n teenvoorbeeld:
In die oggende van 08:00 tot 10:30 (nie kosmaaktyd nie) op Donderdae en Vrydae.
Van 12:00 tot 14:30 (middagete-tyd) op Maandae, Saterdae en Sondae.
Van 18:00 tot 20:30 (aandete-tyd) op Dinsdae en Woensdae.

Die skedule vir Mitchell’s Plein is dus eintlik ietwat minder ontwrigtend wat kosmaak betref as die skedule vir Constantia.
Ai, feite is darem ongerieflik!

sarie ·

Nou wat moet ons mense op Robertson sê van ons ongelee tye, ons beurte val elke keer op dieselfde belaglike tye, van 8 uur tot half 11 in die aand!!!!!!!!!!

Marietjie ·

Tony Ehrenreich jy is soos een van daardie keffende, enkelbytertjies…so verdomp aanhoudend. Klim tog net van jou rassistiese perd af (foeter sommer daar af dat jy bietjie verstand kan los val).

Kosie ·

Hierdie onafhanklike opgehefte “rassis” is een voor die agtergeblewenes. Dit word sonkrag genoem.

Theresa ·

As iets nie na hulle sin is nie – is dit rassisties!. Dis al wat hulle ken.
Maar Elizabeth en Chivago – julle laat my darem lekker lag. Dankie vir dit!

Leonie ·

Ja en ons krag is elke slag af op ongeleë tye ook net wanneer ek my kos in die oond het en ek kla nie daaroor nie. Koop vir jou ‘n damn gasstofie!! Ek het ook ‘n swart hond, shame dalk moet ek sy naam na rassis verander! LOL!

Ina ·

Ek moes twee keer lees om te besef dis so snaaks, Eskom julle mag net seker gebiede se krag afsit hoor.SAPO seker ook omdat hulle ook nie in sekere gebiede kon aflewer nie.SABC ook omdat net seker mense gedreig word met prokureurs as TV lisinesies nie betaal word nie. Telkom omdat nie almal ADSL lyne het nie ,wie is daar nog ? Al die mense wat op die sous trein ry en vir Fam poste gee en Tenders organiseer, Nee wag hulle herverdeel hul miljoene ,,mmm ,,, ja ne foeitog

Lizanne ·

Is dit nie dan eerder klassisties, as rassisties nie? Die aanname dat alle arm mense van een ras is, en wel-af mense van ‘n ander ras, is uit beginsel uit rassisties.
Almal kry beurtkrag.
Dis nou maar hoe dit is.

genoegisnoublerriegenoeg ·

Ag nee regtig Tony jou rassis!!!!!. Kom by.!!!! Dan is dit jou ANC boeties wat so rassisties is wat dit afsit. Ons almal se krag gaan af wanneer dit tyd is om kos te maak, of wanneer die bokke speel, of wanneer ons moet bad en klaar maak vir werk ens.
Natuurlik moet die krag afgesit word as mense nie betaal nie. Miskien as hul daardie krag afsit van mense wat nie betaal nie en steel, sal ons wat betaal, nie nodig he om beurtkrag deur te gaan nie.

Hoekom gaan skel jy nie bietjie op Eskom (jou kaders), sodat hulle ophou om golden hand shakes, duur kontrakteurs te kry om die werk te doen,onbevoegde mense aan te stel en te steel. Dan sou daar nie nodigheid gewees het vir beurtkrag nie!!!

AjTeX ·

Eish!! … Nou het jy die absoluute waarheid daar ou maat!!! smaak my swart honne en wit katte en boon-op wit lunc-bars is onse onnergang in hierrie land, nê!! Nou dink ekke mos … sal ons ok nie strike oor al hierrie goeters nie??

Marius ·

Wat se hy is die manne en vroue wat die balletjies so hard slaan op die groen bane met stokke? Sal seker nie kommentaar lewer nie want die balletjies is wit.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ou Tony dit is dan jou eie boeties by Eskom wat te vrotsig is om die kragnetwerk in stand te hou . Dink jy nie dat jy met hulle moet veg oor die gemors nie . Rassisme kry nou weer die skuld . Dink jy nie dat jy bietjie imbizo met jou voorvaders hou en kyk of jy nie apartheid ook kan skuldig maak nie .

Nina ·

Kyk, ek sukkel erg om met dom mense te deel! Hoe rassisties van Eskom om in Gauteng ONS krag af te sit 6 am wanneer mens wil koffie maak, en weer 6pm wanneer mens kosmaak.

CR ·

Tony is bang sy krag gaan af dan mis hy ‘n episode van Honey Boo-Boo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.