Kaapstad se ‘dag zero’ vervroeg terwyl waterverbruik toeneem

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Kaapstad se ‘dag zero’ is met meer as drie weke vervroeg na 29 April 2018, weens hoë waterverbruik deur inwoners die afgelope week.

Die algehele damvlakke het met 1.1% gedaal en damvlakke staan tans op 33%. Die stad se algehele waterverbruik het na 641 miljoen liter water toegeneem. “Slegs 34% van inwoners spaar tans water. Landbouverbruikers verbruik water teen ʼn soortgelyke koers,” het Peter Flower, direkteur vir water en sanitasie vir Kaapstad, gesê.

Die vordering kan hier gesien word.

“Indien waterverbruik steeds toeneem, tesame met warm, winderige weerstoestande wat verdamping verhoog, kan ons verwag dat ‘dag zero’ reeds op 18 Maart 2018 sal aanbreek,” het hy verduidelik. “Dit is ʼn vreesaanjaende vooruitsig. Inwoners bly die grootste verbruikers van ons water. As ons die waterverbruik kan afbring tot 500 miljoen liter water per dag, sal ons ‘dag zero’ kan verhoed.”

‘Dag zero’ is die dag wat alle krane in die stad toegedraai sal word en persone sal by ongeveer 200 persele oor die skiereiland heen moet toustaan vir water.

Alhoewel sommige noodsaaklike dienste steeds beskikbaar sal wees, sal byna alle woonbuurte se krane toegedraai word.

“Die stad se spanne sal deur die feesseisoen werk om seker te maak dat ons gemiddelde reaksietye vir lekplekke of gebarste pype minder as twee ure bly en dat ons die gevorderde drukbestuurstelsel sal volhou wat waterverbruik beperk.”

Flower het gesê ʼn bykomende 40 000 waterbestuurstoestelle sal ook van Januarie af geïnstalleer word by huishoudings wat die waterbeperkings ignoreer. “Ons het reeds meer as 21 000 toestelle geïnstalleer op eiendomme wat ʼn hoë waterverbruik handhaaf. Dit sal oor Desember voortduur.”

Vlak 6-waterbeperkings tree van 1 Januarie 2018 in werking en ʼn waterbestuurstoestel sal geïnstalleer word by alle huishoudings wat meer as 10,5 kiloliter water per maand gebruik.

Verdamping was die afgelope week laer as verwag weens koeler temperature, maar indien die temperatuur styg, sal die damvlakke vinniger sak, het Flower bygevoeg. “Ons was gelukkig om bietjie ekstra reën te kry, maar die volgende paar maande sal baie warm wees en daar is byna geen vooruitsig op reën nie. As residensiële inwoners en landbougebruikers steeds dieselfde hoeveelheid water verbruik, sal ‘dag zero’ teen 18 Maart 2018 aangbreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ai ·

Inwoners???
Vakansiegangers! Want dit lyk vir my of die hele GAUTENG in die KAAP is!!!!

KaapseKlops ·

Die owerhede moet elke verdomde Gautengse vakansieganger by Du Toitskloof en Houwhoek voorkeer en elkeen wat nie ‘n eaterkar met ten minste 1000 liter water saamsleep vir die vakansie nie, summier terugdeporteer na die gansgstas paradise

Lcom ·

AI, Sonder vakansie gangers en ook die miljoene wat ook jaarliks op konverensies soos die Mining indaba gespandeer word deur Gautengse myne end besighede gaan dit toemaak tyd wees daar onder. Hou op ons kritiseer en gryp die geleentheid om n paar rand te maak. O skerp tog net julle SWAK diens op. Ons is net gewoont aan baie gooie diens

Sterkte
Lcom

Juffie ·

Ek stem saam met jou! Ek het reeds verskeie kommunikasies aan die “City” gestuur en gesê van vakansiegangers/ enige byeenkomste (soos byv die 7’s rugby; feeste; markte; shows) moet nou gekanseleer word – net na die Rugby toernooi is die aankondiging gemaak dat zero dag twee dae terug geskuif het….hoe dom kan mens wees?

Antoinette ·

Inwoners gebruik die meeste water wat van almal wat hier kom vakansie hou het hul hul eie water gebring. $#& redenasie

Willie ·

Baie blaam moet ook op die City of Cape Town geplaas word. Elke dag hier in Brackenfell is daar gebarste pype, dan vat hulle ure, soms dae, om dit te herstel. Almal wat ek ken, gebruik die min. water deesdae. Vakansiegangers moet nie blaam kry nie, hoeveel Kapenaars is self op vakansie, weg uut die Kaap uit…

Penellope Jones ·

Mens wonder of diegene wat die waterbeperkings oorskry of glad nie nakom nie, wat hulle dink waar die water vandaan kom?
Of jy nou R2 of R2000 per maand vir jou waterverbruik betaal, die bedrag bring nie reen nie.
Al kan jy watter bedrag ookal betaal, dit verskaf nie reen nie en al steur jy jou nie aan enige waarskuwings en pleidooie nie, dit gaan nog steeds nie reen bring en die damme volmaak nie.
Ek wens mense kan daardie konsep onder die knie kry.

Pop ·

Ai, ja!! Die hele gauteng gaan deesdae kaap toe. Natal is nie meer n opsie nie. Kan ieder geval nie naby die strande gaan nie so kom ons gaan Kaap toe. En hulle vertrek na nuwejaar na hulle baie water toe, en die inwoners van die Kaap sit sonder die water wat hulle kom gebruik het.

Koos van Gauteng ·

Ek stort in 1 min 20 sek hier in die Kaap. As ek 20l per dag van julle water gebruik is dit baie. Ek sal maar my geld vat en teruggaan huistoe. O ja, julle is ook nie welkom in gauteng nie.
Totsiens!

Z ·

Ek twyfel Antoinette. Vakansiegangers het nie genoeg plek vir badwater nie. Die inwoners is nou al gewoond aan bespaar, want hulle voel die las. Die vakansiegangers wil optof en ontspan. Ek glo nie dat hulle so spaarsaam gaan werk met water soos inwoners nie. Dit klink ook vir my of almal vanjaar Kaap toe gaan en ek wonder of hulle nie aan die waterkrisis gedink het nie.
Sterkte aan die inwoners. Ons gesin (in Gauteng) spaar saam, in meelewing met ons naaste wat swaar trek. Ons kinders moet ook leer dat alle natuurlike bronne bespaar moet word.
Mag dit reën by julle. Selfs buite seisoen. Ons vertrou vir n wonderwerk.

Lcom ·

AI, Sonder vakansie gangers en ook die miljoene wat ook jaarliks op konverensies soos die Mining indaba gespandeer word deur Gautengse myne end besighede gaan dit toemaak tyd wees daar onder. Hou op ons kritiseer en gryp die geleentheid om n paar rand te maak. O skerp tog net julle SWAK diens op. Ons is net gewoont aan baie gooie diens

Sterkte
Lcom

jaco ·

Onlangs het ‘n maatskappy met die nodige kennis ‘n seewater-ontsoutingsplan wat AL Kaapstad se waterprobleme sou oplos, aan die stadsraad voorgelê. Dit sou nie juis duur gewees het nie. Die Kaap se DA Stadsraad het egter die plan summier afgekeur, omdat die maatskappy nie regstellende aksie reg toepas nie en omdat daar nie genoeg BEE in die bestuur is nie.
So die “regte” ras van besighede wat die waterprobleme kan oplos is BAIE belangriker as die welstand van 4 miljoen mense wat sonder water moet klaarkom.

Sarie ·

Die akkuraatheid van die vooruit skattings kan ook in twyfel getrek word. Ons waterrekening het skielik die hoogte ingeskiet terwyl ons eintlik minder water gebruik as die vorige maande. Ons het ook tenk water vir skottelgoed en vloere was. Gebruik ook stort water vir toiletspoel. Het nog nooit hier iemand gesien wat die meter lees nie. Die glasskyfie bo -oor die meter is so dof dat jy nie kan sien wat daar staan nie.

John ·

Waarom word nie meer sementopgaartenks orals in die land ingebou nie waarheen reenwater uit spruite en riviere na goeie reen herlei kan word. Sleep die lee damme leeg van spoelgrond om meer plek vir water te maak. Kyk hoe reen dit nou in Natal en ‘n jaar of wat gelede was daar ‘n erge droogte. Reenwater vloei na die see wat eerder geberg kon word selfs vir ander droe streke. Dit kan dalk net weer binne die volgende 200 jaar in die Kaap reen hoewel baie inwoners vas glo dat dit moontlik nog ‘n duisend jaar kan duur voordat hulle sonder ‘n skuldige gewete weer ‘n toilet na no1 sal kan spoel.

Die regte Koos ·

Dan bad/stort hulle in soutwater? Lekker man, lekker!

Ray ·

Sjoe die Kapenaars is onstoke oor vakansiegangers maar wat hulle nie besef nie is soveel mense van Gauteng het vakansies gekanselleer oor hulle die krisis herken. Klink amper soos die ANC wat Jan van Riebeeck blameer. Dit is nie asof Kaapstad spaar wat hulle moet nie. Was self paar keer laas jaar in Kaapstad en gesien hoe hotelle lekker tuon natlei en maak soos hulle wil. Moenie vergeet nie. Gauteng het self nog laas jaar ñ water krisis gehad. Probeer eerder almal om julle wys maak. Dis die nuus vol oot hoe Kapenaars water mors

Kan nie verstaan ·

Kan iemand my net verduidelik hoekom reënwater nie lankal al herlei word na damme nie??

Bosbok ·

Maar daar word vir die bou van 2100 swembaddens in die Kaap toestemming gegee, waarvan een aan Olimpiese Standaarde voldoen ! So regtog, ek moet vir 2 minute stort sodat 2100 swembaddens gebou en gevul kan word – MET WATER !

Mike Kaapstad ·

Ekhet gehoor Zuma sê ons moet ons nie bekommer nie , ons kan geyser water gebruik……….

shark ·

swak beplaning van die owerhede, soos gewoonlik moet die arm gemaakte belastingbetalers weereens opdok vir n spul kriminele wat in hulle ruim huise met lugversorging , swembaddens en gebotelde water wat betaal word deur die mense wat gepennaliseer word sit.

BOLANDER ·

Ek stel voor al die gebarste pype, ens, ens, ens, ens, wat onderhouds werk nodig het, moet dadelik aandag kry. Hoeveel water gaan nie verlore uit gebarste en stukkende pype nie!!!!!! Word waker Kaapstad munisipaliteit en kry ‘n span mense om na die onderhoud te kyk!!!!!!!!!!

ek vra jou ·

Jinne mense – nou vat party mekaar persoonlik aan oor daar gaan vakansie hou al dan nie. Regtig? Feit is daar is net nie genoeg water en mense moes maar eintlik gedink het voor hul daar gaan vakansie hou het. Ek sou nie op die stadium daaraan gedink het nie – maak nie saak hoe mooi en skoon die Kaap is en hoe lekker hul kos en wyn, ek sou maar net ander vakansieplek soek.

Vee40 ·

@ek vra jou : Ek stem saam met jou. Die issue is nie om hier te kom vakansie hou/nie. Dit gaan oor die werklike ernstige tekort aan water. En ek stem nie saam met vorige kommentare dat dit nie die vakansiegangers se skuld is nie. Ons Kapenaars is ALMAL deesdae oorbewus van waterbesparing. Dis nie iets wat Gautengers ken nie (bedoelende hulle het nie watertekort op die oomblik nie – niks persoonlik nie) , so ek glo nie vakansiegangers het almal hul eie water saamgebring nie. Dit sou GREAT gewees het, as dit so was!! Onthou, vakansiehuise wat heeljaar in onbruik gestaan het, gebruik nou ook water – dus sou die waterverbruik skerp styg.
So die ‘bottom line’ is: as almal (vakansiegangers inkluis) saamwerk om water te spaar, behoort dit beter te gaan.

Marlize ·

Ek wil net uitlig dat verdamping as gevolg vd stormwinde wat ons tans ervaar ook te blameer is vd geweldige vinnige vermindering v ons water. Enige persoon met n swembad sal dit kan staaf.. tempratuur speel beslis n rol maar nog meer water verdamp met die verskriklike wind…en dit is iets wat geen Kapenaar of besoeker kan beheer. Kan nog steeds nie verstaan waarom daar nie al lankal “watershedding” plaasvind nie. Dit SAL beslis n verskil maak en help dat mense waterverbruik nog beter beplan…veral by al die informele karwasserye.

Windpomp ·

Dis jammer julle voel so oor die Gautengers, maar onthou ons het ook familie daar en wil hulle ook graag sien, Ons sleep waentjie is vol met water , help maar waar ons kan ! En n paar dae alleen , het reeds verlede jaar die volle bedrag betaal. so dink maar n bietjie…

Juffie ·

Ek het uitgevind dat huise waar die water meter binne die erf is se “lesings” is 10jaar “oud” die outjie wat die meter moet “lees” kan nie binne die erf kom nie en dan doen hy ‘n skatting op 10 jaar gelede se verbruik – mense met gesinne van vier en meer “verbruik” soos 3kl in ‘n maand!?

Ada ·

Moenie die vakansiegangers blameer vir ‘n tekort aan water nie – Hoeveel maal was daar nie gese dat die Kapenaars nie water spaar nie – dit is asof hulle hulle koppe in die sand druk. Vee voor die eie deur mense voordat julle iemand anders beskuldig. Voel julle ook so teenoor die oorsese besoekers?
Ek verwelkom die vakansiegangers – uiters swak van die Weskaap om teen die vakansiegangers te wees. Wees eerder nederig en dankbaar dat daar wel mense is wat hier kom besoek afle al is die hele Kaap vol bende geweld.

bgj van der westhuizen ·

die probleem le nie by mense wat hier kom vakansie hou nie die probleem le by die city of capetown wat nie kyk wat gedeon moet word nie oral laat hulle toe dat gebou word maar nerens word daar beplan hoe om reen water nie see toe te laat gaan daar word al ewig gese dit is die huis eienaars wat baie water gebruik maar die betaal vir water waar om word daar nie gekyk hoeveel water word gebruik deur die mense wat nie betaal nie en hou op om te se dat hulle min water gebruik wand dit is n lieg en as die stad hulle werk gedeon het kan dit baie anders gewees het maar dat kleur en bee al ewig gebruik word vir alles sit ons net meer in n gemors die skuld van dit le voor die da en anc kry julle huise in order en stop die belasting betaler vir alles die skuld gee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.