Kaapstad se “oop moskee” aan die brand gesteek

moskeeKaapstad se sogenaamde “oop moskee” is Saterdagoggend aan die brand gesteek, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

“’n Saak van brandstigting word ondersoek nadat die voordeur van die moskee in Lesterweg in Wynberg omstreeks 01:00 aan die brand gesteek is,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

Traut het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie. Dit is ook onduidelik of daar enigiemand in die moskee was ten tyde van die voorval en wat die omvang van die skade is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.

eNCA het intussen berig dat vandale die brand gestig het. Taj Hargey, die stigter van die moskee, het aan die uitsaaier gesê dat vandale die moskee se vensters en ʼn deur beskadig het. Hargey het gesê die moskee bly oop. Hy het aan SABC News gesê dat die voorval op kringtelevisiekamera vasgevang is.

Die “oop moskee” het verlede maand erg onder kritiek deurgeloop aangesien persone van alle gelowe sowel as gays welkom is om dienste by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.