Kaapstad se water steeds veilig om te drink

Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)

Die Stad Kaapstad het inwoners gerus gestel dat sy watergehalte hoog bly en veilig is om te drink.

Die Stad het in ʼn verklaring gesê damvlakke het teen Maandag tot 27,3% gedaal, wat 1,3% minder is as verlede week. Met minstens 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, staan damvlakke wesenlik op 17,3% ,wat beteken slegs 105 dae se bruikbare water is oor vir inwoners.

“Met die damvlakke wat kwyn, kry ons baie navrae van die publiek oor die gehalte van die water. Ons wil inwoners gerusstel dat die water veilig is om te drink. Watergehalte word noukeurig gemonitor deur middel van die ontleding van  ʼn groot aantal watermonsters volgens die streng vereistes van die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde.”

Die Stad het gesê daar is tans ʼn hoë konsentrasie van geosmin in die water van die Theewaterskloofdam. Geosmin is ’n onskadelike organiese stof met ʼn gronderige smaak, wat deur alge afgeskei word.

“Die water word vir geosmin behandel. Dit mag ʼn tydperk duur vir die smaak en reuk van die water in groot gedeeltes van die sentrale en suidelike woonbuurte van Kaapstad om te normaliseer.”

Volgens die stad het verbruikers daarin geslaag om die daaglikse verbruik te verminder na 725 miljoen liter ʼn dag, 25 miljoen liter meer as die teiken van 700 miljoen liter ʼn dag.

Lees ook: Kaapse waterkrisis: Wat word gedoen?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

#eksênet ·

Ek kan nie regtig saam stem nie, geruime mense het al loperige mae gehad in die afgelope 2 weke, dit het my familie erg affekteer, my ma, pa, suster en ek het ‘n lelike stel af getrap as gevolg van die kwansyse “skoon water”. My skoonfamilie was ook siek, en talle ander vriende van my, met wie ek nie in aanraking was die afgelope 2 weke nie. As dit nie in die water is nie, is dit defnitief in die lug.

P.S. Ons drink-water het ons begin kook, en woerts, daar voel ons almal beter…

#eksênet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.