Kaapstad se waterverbruik miljoene liters meer in 1 week

Argieffoto

Kaapstad se algehele waterverbruik het die afgelope week met 28 miljoen liter per dag toegeneem, het die stad Maandag gesê.

Luidens ʼn verklaring deur die Stad uitgereik, het die Moederstad se waterverbruik vanaf 8 tot 14 Julie vanaf 555 miljoen liter per dag tot 583 miljoen liter per dag toegeneem.

Hoewel damvlakke die afgelope week weens reën herstel het tot ʼn kapasiteit van 61,8%, maan die Stad Kapenaars om water steeds spaarsamig te verbruik.

Ondanks die toenemende verbruik van water, is die Moederstad tog binne die daaglikse perk van 650 toewysings van ʼn miljoen liter per dag.

“Ons is egter nog nie in ʼn posisie om ons waterbesparingspogings te verslap nie,” lui die verklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Soner water ·

Ag hoe lekker is dit om water te hé… Ons is nou meer as 2 mnde sonder water … weet nie meer .. As mens nie betaal het verstaan ek maar as die Munsipaliteit nou die geld misplaas en niemand doen niks daaroor WAT se kans het ek om iets te sé daaroor ?

Charlotte ·

Ja en hoeveel mijoene liter water het in die strate afgeloop as gevolg van gebarste pype. Vra net want hier in Pretoria sien mens dit daagliks

Gert van Wierdapark ·

Charlotte gelukkig bestaan Pretoria nie meer nie. Dit gebeur in Tshwane (wat skynbaar na genl Tswanepoel vernoem is)! Mense is soos skape as dit by die vermorsing van water kom en die Kapenaars gaan weer op die harde manier leer! Onthou voorkoming is beter as behandeling!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.