Kaapstad-skietery: ‘Polisieminister rou saam met families’

Fikile Mbalula. Foto: ANA

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Woensdag die families van 11 slagoffers gaan besoek wat Vrydagaand in minstens vier skietvoorvalle in Kaapstad vermoor is.

Vuyo Mhaga, Mbalula se woordvoerder, het gesê Mbalula het ook tydens sy besoek met gemeenskapslede van die Marikana- informele nedersetting in Philippi-Oos, waar die skietery plaasgevind het, vergader.

“Die minister het eers die families van die oorledenes gaan besoek om saam met hulle te rou en om namens die regering en die polisie hul meegevoel te betoon. Min. Mbalula het sy skok en verontwaardiging oor die voorval uitgespreek en beloof dat die polisie hard sal werk om die skuldiges aan die pen te laat ry,” het Mhaga gesê.

Mbalula het woorde van bemoediging met die families gedeel. “Ons is hier om saam met julle te wees en te sê julle is nie alleen nie. Die polisie sal saam met ander wetstoepassingsowerhede werk om diegene wat daarby betrokke was, aan te keer,” het Mbalula gesê.

Gemeenskapsleiers het daarna Mbalula oor diensleweringsprobleme aangespreek. “Die gemeenskap het deur sy leiers hul verontwaardiging oor die moorde uitgespreek. Hulle het ook genoem hulle het min vertroue in wetstoepassingsowerhede en geëis dat die polisie beter op hul pleidooie reageer.”

Mbalula het die gemeenskap verseker dat daar op hul pleidooie ag geslaan gaan word en het terselfdertyd die Philippi-Oos-polisiestasie se nuwe stasiebevelvoerder, kol. Bongani Mthakathi, aan die gemeenskap voorgestel.

“Die minister het belowe dat meer gedoen sal word om orde in die gemeenskap te herstel,” het Mhaga bygevoeg.

Maroela Media het Saterdag berig tien mense is op vier tonele doodgeskiet en een persoon wat tydens die voorvalle beseer is, is later in die hospitaal dood.

Die eerste voorval het na bewering in ʼn sjebien plaasgevind waar onbekende verdagtes skote afgevuur en vier mense noodlottig gewond het. Die tweede toneel was by ʼn plakkershut. Drie mense is in dié woonplek doodgeskiet. ʼn Vierde persoon is buite die plakkershut doodgeskiet [toneel 3]. Op die vierde toneel is twee liggame in ʼn straat naby dié plakkershut gevind.

Twee mense is tydens die skietvoorvalle beseer. Een van hulle is in die loop van die aand in ʼn hospitaal dood.

Dié skietery volg op ʼn voorval verlede Dinsdag in dieselfde omgewing waarin sewe mense doodgemaak is. Die polisie vermoed dit was weerwraakmoorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wessie ·

Rou ou grote rou. Plaasmoorde gaan voort! Ons rou voor ons VADER en weet Hy sal uitkoms en vertroosting gee.

nannie ·

Wel Minister Fikile Mbalula nou weet jy hoe voel ons wit mense as ons boere en ander wit mense so vermoor word. Is jy enigsins geskok as jy van dit lees / hoor in die media?

Hannelie ·

Minister Fikile al wat ek kan sê is……join the club. Nou weet jy hoe voel ons al teen die tyd oor al die moorde in hierdie land.

Jan ·

Maar hy sal nie met die Boere se families simpatiseer nie. Hy moedig dit seker nog aan ook.

Stella ·

Daar word beslis voorkeur gegee vir ander rasse maar nooit word daar met die naas bestaandes van die slagoffers meegevoel betuig of beterskap toegewens deur die ministers en ons president nie.

GEEN SIMPATIE ·

ROU JY OOK SAAM MET DIE FAMILIES VAN DIE BOERE, EN HULLE GESINNE, SELFS KINDERS WAT WREED VERMOOR WORD HMM??

NEE JULLE HET NIE EERS DIE ORDENTLIKHEID OM JULLE KOPPE VIR EEN MINUUT IN STILTE TE LAAT SAK VIR DIE DUISENDE BOERE WAT VERMOOR IS NIE. SO VERSKOON MY MAAR AS EK NIE MY KOP NOU SAK NIE.

Theresa ·

Mr Mbalula, I do hope you read this or at least are told about this: Have you as much as once mourned for the loss of our farmers and other people killed by murderous hands – thousands in quite a short time frame?! Have you but once sat with people whom are willing to and able to help to plan strategically and lawfully to try and prevent and even stop these killings? Why does it seem that this is not such a terrible sad matter to you? Have you mourned about this yet?? The country is mourning for the loss of any decent person dying at the hands of murderers. The country must become a decent place to live. For everyone lawfully in South Africa. Kindly see your way to help this come true.

Rita ·

As ek in Mnr Mbalula se skoene was, het ek éérs van die korrupte en skelm polisielede ontslae geraak. Dit is beter om wet en orde te handhaaf met minder, maar goed opgeleide en éérlike polisielede, as ‘n groot polisiemag waarvan die helfte skelm en korrup en misdadigers is. Al probeer Mnr Mbalula hoé hard is dit ‘n onbegonne taak as hy met kriminele in sy eie personeel sit. Ek luister vanoggend oor die radio na ‘n gesprek wat opgeneem in ‘n polisiestasie; Die polisievrou (klink dit my) wou éérs haar Internet regmaak, voordat sy na die persoon se klagte wou luister. Red nou ‘n volk……….

Veritas ·

Ou Fikile se foto, by die berig, spreek boekdele. Dit lyk kompleet of hy dink: ‘Ek het sopas weer my bek verbygepraat’.

Nico ·

Dis niks wag tot desember met die anc se verkiesing dan gaan jy hare sien spat onder hulle eie mense daar is nie verniet so baie wapens gesteel nie uit basisse nie want dis wat pres zuma wil he sodat daar nie n verkiesing moet plaasvind nie so volgens hom is hy dan die enigste man wat kan red en so nog 5 jaar daar

Janet ·

So much vir hierdie wettelose land. Wanneer gaan daar ernstig begin opgetree word teen misdadigers en minder oor rassisme gedoen word. Swart en wit is besig om te ly. Word wakker Mnr die polisie minister

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.